Noem ’n ding by sy naam!
Gerine Hoff – Nou die dag adverteer ’n plaaslike besigheid twee werksgeleenthede met baie indrukwekkende titels.
Eintlik was dit só indrukwekkend ek kon nie heeltemal uitpluis presies wat die werk behels nie.
Spring op die foon om my vriendin, wat by die einste instansie werk, te vra wat die poste behels, en sy kon ook nie met sekerheid sê nie. En sy werk elke dag met woorde en die taal.
Dit het my laat dink aan die groot, “belangrike” woorde wat deesdae – veral deur politici – rondgeswaai word en in soveel gevalle eintlik maar niksseggend of heeltemal belaglik is.
Dit is immers nou al ’n paar weke ná pres. Donald Trump se raadgewer, Kellyann Conway, die term “alternatiewe feite” gebruik het. Amper soos hoe statistiek aangepas kan word volgens hoe jy iets wil sien, of wie vir die navorsing betaal het.
Darrell Huff het nie verniet al in 1954 die boek How to Lie With Statistics geskryf nie!
Maar ek dwaal af. Ons gesels hier oor onsinnige woorde en hoe dit al hoe meer gebruik word. Ek lees nou die dag 'n berig op BBC se webwerf oor hoe irriterend dit kan wees om eufemismes te gebruik.
Die skrywer sê die oorlede komediant George Carlin het voorgestel dat hoe meer lettergrepe ’n woord het, hoe minder betroubaar is dit, en baie eufemismes bekragtig juis dié teorie.
Volgens die berig kom eufemismes oral voor, maar dit is veral gewild wanneer daar gesels word oor taboe onderwerpe soos die dood en dwelms - en wanneer mense afgedank word.
Eintlik is eufemismes nie beperk tot die korporatiewe of politieke wêreld nie – dit duik sommer oral op, maar veral wanneer iets verdoesel word of iets duister aan die gebeur is.
Hier in die nuuskantoor het ons elke dag te doen moet mediaverklarings deur ministers, ander “baie belangrike persone” of besoekers van heinde en verre, wat “blommetaal” gebruik om dinge te beskryf.
Selfs die onbelangrike klink vreeslik belangrik wanneer dié taal gebruik word, maar inderwaarheid klink dit veel belangriker as wat dit in meeste gevalle eintlik is.
In 'n rubriek deur die Nigeriese skrywer Adaobi Tricia Nwaubani, lewer sy kommentaar oor haar landsmense se liefde vir breedsprakigheid.
Hier is ’n voorbeeld uit ’n mediaverklaring wat deur die weermag uitgereik is: “The Nigerian Army in synergy with other security agencies under its constitutional mandates . . . acted responsively in order to de-escalate the deteriorating security scenario in-situ.”
Hoe nou?
Sy sê dié soort verklaring volg eenvoudig in die voetspore van 'n eeue-oue Nigeriese tradisie wat sy “mondelinge versiering” noem.
“Baie mense klou nog vas aan die geloof dat die kompleksiteit van die boodskap 'n bewys is van verstand, mag en invloed,” sê sy.
Nou ja, daar het jy dit. Maar vir my en soveel ander, is eufemistiese taal die vyand van enigiemand wat duidelikheid soek. Noem ’n ding by sy naam!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie