Nobelprys: Wenner vir letterkunde vandag bekend

08 October 2020 | Kuns en vermaak
Nadat die Nobelprys vir letterkunde die afgelope paar jaar by ’n verkragtingskandaal ingesleep is en meer as een wenner kritiek uitgelok het, word nou bespiegel oor wie vandag met die louere gaan wegstap.

Die name van skrywers soos die Karibies-Amerikaanse skrywer Jamaica Kincaid, die Kanadese digter Anne Carson en die Keniaanse skrywer Ngugi wa Thiong’o, die Hongaarse skrywer Péter Nádas en die Amerikaanse skrywer Thomas Pynchon word genoem.

Die Sweedse Akademie, wat dié prys toeken, is verlede jaar op die vingers getik toe die Australiese skrywer Peter Handke die prys ontvang het.

Die Akademie, wat uit 18 lede bestaan, moes verduidelik waarom ’n skrywer gewen het wat die Serwiese president Slobodan Milosevic in die Balkan-oorlog gesteun het en die omvang van Serwiese terreur ontken het.

In 2016 het die Amerikaanse rocker en liedjieskrywer Bob Dylan die prys ontvang.

’n Verkragtingskandaal en aantygings van finansiële wanbestuur het die Akademie in 2017 genoop om die toekenning van die prys in 2018 uit te stel. Dit is die eerste keer in 70 jaar.

Een van die Akademielede, Katharina Frostenson, se man, Jean-Claude Arnault, is aan verkragting skuldig bevind. Frostenson het uit die Akademie getree nadat dit aan die lig gekom het dat sy die name van vorige wenners laat uitlek het.

Die Akademie is vernuwe en die Nobelstigting het die komitee opdrag gegee om vyf eksterne kundiges aan te stel wat kon help om die kandidate aan te wys wat verlede jaar en vanjaar op die paneel kon dien.

Kandidate wat vir die Nobelprys oorweeg word, word aanbeveel deur mense wat deur die Nobelpryskomitee uitgenooi word. ’n Skrywer kan nie haar- of homself benoem nie.

Die Sweed Alfred Nobel, wat dinamiet uitgevind het, het die toekenning van die Nobelprys in sy testament gestipuleer.

Dit is die eerste keer in 1901 toegeken. Die prys word in verskeie kategorieë toegeken: chemie, letterkunde, vrede, ekonomiese wetenskappe, fisiologie/geneeskunde en fisika.

Die Suid-Afrikaanse skrywers Nadine Gordimer en J.M. Coetzee het voorheen die Nobelprys vir letterkunde ontvang.

• Die wenner van die Nobelpryswenner word vandag om 13:00 bekend gemaak. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

9 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

9 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

9 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

9 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

9 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

9 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...