'no drama Adama' wil Gambië op nuwe pad sit
'n Selfgemaakte eiendomsontwikkelaar wat vantevore in 'n afdelingswinkel in Londen gewerk het, moet nou ná sy voorganger se presidentskap van 22 jaar sy land regruk.
Adama Barrow, Gambië se nuwe president, het Saterdag beloof om die land se wankelrige ekonomie te laat herleef met ingrypende hervormings.
Barrow is verlede maand in sy nuwe amp ingesweer tydens 'n kort ballingskap in Senegal toe sy voorganger, pres. Yahya Jammeh, geweier het om sy amp neer te lê.
Jammeh het in ballingskap gegaan nadat troepe van Wes-Afrika gedreig het om hom te dwing om sy pos te verlaat.
En nou is dit Barrow se beurt. Hy het met sy inhuldiging voor 'n skare van tienduisende gesê min mense sou gedink het hy sou president word en in sy toespraak onder meer beloof:
* Om gratis primêre onderwys te verskaf, wat deur die grondwet gewaarborg word, maar nie in Jammeh se ampstermyn geïmplementeer is nie.
* Om te belê in die land se tegnologiesektor.
* Om instansies te herbou wat onder Jammeh vernietig is. Tydens Jammeh se ampstermyn het regters van Gambië se hooggeregshof landuit gevlug en die media is stil gehou. Jammeh het ook gedreig om vir 'n miljard jaar te regeer en om homoseksuele mense keelaf te sny.
Barrow, aan die ander kant, word “no drama Adama” genoem vanweë sy kalm en stil geaardheid.-Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie