NMC: Lede steeds gedek vir nood

Kontrak met E-Med opgeskort

17 June 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Alle lede van die mediese fonds Namibia Medical Care (NMC) word steeds ten volle vir noodontruimings, en soos gewoonlik teen 100% van die standaardtariewe van die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf), gedek.

Die versekering volg nadat NMC aangekondig het lede sal voortaan eers kontant moet opdok as hulle van E-Med Rescue 24 se dienste gebruik wil maak.

Volgens me. Alison Begley, NMC se hoofbeampte, kan lede van enige diensverskaffer in Namibië gebruik maak wat dié tipe dienste lewer.

Sou NMC-lede verkies om van E-Med Rescue 24 se dienste gebruik te maak, sal hulle eers kontant hiervoor moet betaal.

Die lid sal dan volgens Begley teen 100% van die Namaf-tariewe hiervoor vergoed word.

Volgens haar het NMC nie ‘n kontrak vir toegang tot E-Med se 24 uur-beheerkamer hernu nie.

Die mediese fonds het ‘n vaste maandelikse fooi per lid betaal om toegang tot die beheerkamer te kry.

“NMC se raad van trustees het besluit om die kontrak met E-Med nie te hernu nie, omdat die fonds ‘n vaste maandelikse fooi per lid betaal het vir toegang tot die operateur se 24 uur-beheerkamer. Dit het tot oortollige uitgawes vir die fonds gelei,” het Begley gesê.

Sy het beklemtoon daar is ander diensverskaffers wat dieselfde diens met ten volle gekwalifiseerde personeel verskaf wat beheerkamers 24 uur per dag beman en ook reaksiespanne en vliegtuie het.

“As gevolg hiervan is dit nie nodig om ‘n eksklusiewe ooreenkoms met net een van die diensverskaffers in Namibië aan te gaan nie.”

NMC-lede is onder meer aangemoedig om Lifelink Emergency Rescue Services te gebruik en hul toep Rescue Me af te laai, wat lede onmiddellike toegang tot hul 24 uur-beheerkamer gee waar hulp, wat insluit brandweer-, polisie- of mediese dienste, onmiddellik uitgestuur word.

Begley het beklemtoon die mediese fonds het nie enige kontrakte gekanselleer nie.

“E-Med het ‘n toegangsfooi, in werklikheid ‘n subsidie, ontvang. Dié fooi is opgeskort en E-Med dring nou aan op vooraf kontant vir dienste aan NMC-lede,” het sy gesê.

Volgens Begley is nooddienste, insluitende redding in die duine, sowel as helikopter- en lugambulansdienste, steeds oraloor Namibië aan lede beskikbaar via ‘n netwerk van diensverskaffers wat wel NMC-lede aanvaar en wat direk van die mediese fonds eis.

“Dit is ook nie nodig om al die noodnommers te onthou nie. As jy ‘n diensverskaffer kontak wat nie in die spesifieke gebied is nie, sal die netwerk die oproep aktiveer of na die naaste diens aan die beller verwys.”

‘n Lys van alle diensverskaffers se kontakbesonderhede en vlak van nooddienste is op die NMC-toep en webtuiste by www.nmcfund.com beskikbaar.

NMC-lede se kritiek teen dié aankondiging is dat die fonds as diensverskaffer hul tariewe vir ‘n jaar aan Namaf moet voorlê.

Met E-Med Rescue 24 se dienste, wat nou slegs op ‘n kontantbasis aan lede beskikbaar is waar dit aanvanklik vir ‘n jaar deel van NMC-lede se voordele was, wil sommige ontstoke lede nou weet of hulle ‘n terugbetaling ontvang vir die sewe maande wat van die jaar oor is.

“My kontrak vir die jaar sê dié dienste is ingesluit. Is dit wettig om dié voordeel net weg te vat? Dit was deel van die pakket en kan nie net in die middel van die jaar gestop word nie,” was van die kommentaar op sosiale media.

Nog kritiek was van lede wat ver van dokters en hospitale af woon en juis by dié mediese fonds aangesluit het omdat noodvlugte deel van die pakket was.

Soortgelyk

 

Gróót dag by ECN

10 ure gelede | Regering

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) hou vandag 'n openbare sitting by sy hoofkantoor in Windhoek waartydens die bevestigde lys van politieke partye en presidensiële...

A force to be reckoned with

20 ure gelede | Mense

Evany van Wyk Eleven years ago Charmaine Davids decided to create a one-stop shop for all human resources (HR) services and today she is...

Energy-efficiency key to fight climate change

20 ure gelede | Mense

Ruan BestbierThe Bank of Namibia report on Namibia’s second quarter performance found that fuel imports significantly contributed to the decline in the country’s current account....

Sarah Diouf Beyoncé se Afrika-ontwerper

20 ure gelede | Kuns en vermaak

Kollig voorbladfoto

Swapo swig voor ECN-druk

20 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Sestien uit die 17 van Swapo-lede wat volgens ’n interpretasie van die kieswet – en die Grondwet – verbied word om as...

Man gesels uit hospitaalbed oor Outjo-aanval

20 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - “Kyk, as ‘n koeël my nie kan onderkry nie, gaan niks nie. “Ek is positief, maar hartseer dat iemand so iets kon...

Smooth operator

20 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Zaskia Joubert has been part of the Sanlam family for more than five years. She joined the company immediately after the successful completion...

Let’s get fiscal

20 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesAstrid Jacobi is a born and bred Namibian. She went to school in Windhoek and completed her bachelor’s and honours degrees in accounting at...

Going for it

20 ure gelede | Mense

Wisdom is a girl’s best friendEvany van Wyk In her current role as Bank Windhoek’s communication practitioner for electronic and new media, Veno Mbuende has...