NLU se wenke vir boere

28 February 2018 | Landbou
Beveilig jou plaashuis deur middel van ‘n veiligheidsheining, honde en alarmstelsels en maak seker alle deure is saans gesluit as jy gaan slaap. Skakel in op jou boerevereniging se burgerbandradio’s en indien moontlik sit dit op die NLU se kanaal (Kanaal 68).

Wees op die uitkyk vir verdagte mense en voertuie in die omgewing van jou plaas en meld dit onmiddellik by die naaste polisiekantoor aan.

Moenie groot hoeveelhede kontant op plase aanhou nie.

Indien jy kontant trek vir lone of jou besigheid, wees bedag daarop om nie agtervolg te word nie, veral op verlate plaaspaaie.

Moenie by verdagte voertuie wat langs die pad staan en vir hulp waai, stilhou indien jy kontant by jou het nie.

Meld enige plekke op die platteland wat dalk as voorkeurgebiede (hot spots) vir rowers kan dien wat hul oog op plase en lodges het, onmiddellik by die NLU-kantoor aan. Die kantoor sal dit deurgee aan die Namibië Toerismeraad (NBT) wat tans besig is om sodanige plekke te identifiseer.

Goeie betrekkinge met werknemers op plase is baie belangrik. Moedig plaaswerkers aan om wanneer hulle verdagte mense in die omgewing opmerk, dit dadelik aan te meld.

Indien jy nuwe mense in diens neem, doen eers navraag by vorige werkgewers en vind uit of daar kriminele gedrag was.

Neem foto’s van al jou werknemers en hou beskrywings van hulle byderhand indien jy dit vir die polisie moet gee.

Indien jy snags reageer op ongewenste bewegings op die werf of nabygeleë paaie, wees bedag daarop dat jy dalk aangeval kan word.

Moenie altyd dieselfde roetine volg nie. Wissel inkopiedae af en indien moontlik, gebruik alternatiewe roetes vanaf en na die plaas toe. Moet ook nie altyd dieselfde tye na die poste ry nie.

Alle werknemers behoort hulle besoekers aan te meld en indien moontlik moet die besoekers hul ID’s toon.

Werknemers moet ingelig word dat hulle ook in gevaar is as hulle snags hekke oopmaak vir enige vreemde mense wat hulself nie kan identifiseer nie.

Hou verkieslik ‘n klein hond saans binne in die huis en een of meer groot honde buite. Dit is raadsaam om honde nie met die werknemers op die plaas in kontak te laat kom nie.

As jy van die plaas af wegry, moenie vir werknemers die regte tye gee wanneer jy of jou gesin weer terug sal wees nie. Moet ook nie al die verantwoordelikhede op die plaas vir net een werknemer gee nie. Deel die take aan verskeie werknemers uit.

As die voertuie op die plaas staan, haal vonkverdelers en vonkpropkabels uit. Maak wielmoere van wiele los – as die voertuig gesteel word sal die wiel na ’n kort tyd verloor.

As jy beplan om ’n kluis te bou, bou dit teen ’n muur vas. Dra die spaarsleutel van die kluis en alle voertuigsleutels by jou. Huiswerkers vind baie vinnig die plek waar spaarsleutels gehou word.

As jy die plaas verlaat, haal die slotte uit die gewere en neem dit saam of steek dit goed weg. So ook die ammunisie.

Gereedskap wat ’n kluis kan oopbreek, soos byvoorbeeld ’n gasvlamtoestel, slypmasjien ensovoorts moet toegesluit of weggesteek word wanneer jy die plaas verlaat.

Poog dat iemand altyd die huis op die plaas bewoon. Indien julle met vakansie gaan, kry ’n pensioenaris (as jy niemand ken nie, deur die plaaslike kerk) om in die huis te bly.

Raak betrokke in die gemeenskap. Stel bure in kennis as jullemet verlof gaan en gee vir hulle spaarsleutels om in die huis te kan kom. Lig die plaaswerkers daaroor in.

As vreemde voertuie by jou stilhou en om hulp vra, skryf die registrasienommer af. Jy sal onmiddellik aan die optrede van die insittendes agterkom as hulle iets verberg.

Wanneer jy terugkom op die plaas, wees altyd op die uitkyk vir enige veranderings, byvoorbeeld ligte wat aangeskakel was nie nie meer brand nie, voordeur wat gesluit was en nou oop is, ensovoorts. Maak seker dat al die honde daar is.

Hou alle noodnommers en die telefoonnommers byderhand.

Moenie op ’n plek in die huis slaap waar mense van buite af jou kan sien nie.

Lig jou kinders oor die regte prosedure in as hulle die telefoon antwoord en hoe om op te tree as hulle gedreig word.

As die waghond skielik dood is, wees op die hoede dat gevaar mag dreig.

As jy aangeval word, moenie terugbaklei nie – veral nie as die aanvaller gewapen is nie.

Indien julle in die nag aangeval word, skakel onmiddellik alle buiteligte aan en die binneligte af. Druk die alarm se noodknoppie en bel die polisie en/of die bure.

Soortgelyk

 

Resessie klou verbete

49 minute gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

49 minute gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

49 minute gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

49 minute gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

49 minute gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

49 minute gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

49 minute gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...

Standvastig en dapper

49 minute gelede | Mense

Jemima BeukesHuldeblyke stroom in vir die vryheidsveteraan mnr. Petrus Iilonga wat Dinsdagaand op 71-jarige ouderdom gesterf het. Iilonga was 'n voormalige vakbonds­man en politieke gevangene...

Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

49 minute gelede | Regering

Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek. Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir...