Nina Katangana bly haarself herontwerp

’n Plaaslike televisiegesig het haar visier op selfs groter drome.
Denver Kisting
Denver Kisting het gaan hoor wat sy alles in die mou voer.

Wie is Nina Katangana?

In ’n onderhoud met Space-tydskrif is daar na my verwys as “’n baie besonderse vrou. Baie besonders. Sy is een van daai mense wat goed laat gebeur en wanneer sy haar visier op ’n teiken het, slaag sy”.

Ek kan my hiermee vereenselwig. Ek is ook die jongste van drie dogters van Suid-Afrikaanse ouers.

Hiernaas is ek ’n TV-aanbieder op Namibië se gunstelingontbytprogram, Good Morning Namibia.

Hoe het jy in die uitsaaiwese beland?

Soos die noodlot dit wou hê, het ’n eertydse familievriend destyds aan ’n projek met Endemol SA gewerk.

Hulle was besig met die bekendstelling van die eerste Afrika-weergawe van die Coca Cola Youth Cup – ’n inisiatief om sokker op voetsoolvlak te bevorder. Namibië is gekies as een van die lande om deel van die reeks te wees.

Die reeks het ten doel gehad om vir die jeug te wys watter reusevoordele sport kan inhou. Hoërskole van oraloor Namibië het teen mekaar meegeding. Die wenskool kon die prysgeld gebruik om hul skool se infrastruktuur ’n hupstoot te gee deur ’n biblioteek te bou of sportgeriewe op te rig. Ek het vir die oudisie gegaan (om die reeks aan te bied) en onthou dit het gevoel asof ek tuis gekom het. Ek het gat geskop en die res is – soos die gesegde lui – geskiedenis. Dit was ’n ongelooflike geleentheid om deel van hierdie baanbreekproduksie te wees.

Wat was die hoogtepunte van jou loopbaan tot dusver?

’n Hoogtepunt wat bo die ander uittroon, is toe ek die nasionale kompetisie gewen het om die nuwe aanbieder van die Winna Mariba-program te wees. Ek het teen 10 ander deelnemers meegeding. Die Namibiese mense het my goedgunstiglik vir dié rol gekies.

Die hele proses was ’n eerste vir Namibiese televisie, omdat dit in wese ’n werklikheidsreeks was. Ek sal nie jok nie – om die skoene van my voorganger, Mia de Klerk, vol te staan, was ’n hengse taak. Maar ek het dit statig en met selfvertroue aangepak.

’n Ander hoogtepunt was om die jongste nuusleser by die NBC te word in die stadium toe ek by die uitsaaier in daardie hoedanigheid aangesluit het en saam met veterane soos wyle Allan Adonis en Franlin Thomas te werk.

Om op ’n jong ouderdom met daardie verantwoordelikheid toevertrou te word, is nie net vleiend nie, dit maak ’n mens ook nederig. Onlangs, in 2017, het ek ’n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse agentskap Talent-ETC gesluit.

Wat was die grootste struikelblokke op jou reis en hoe het jy dit oorkom?

Die Namibiese televisiebedryf is relatief klein. Om nie genoeg ruimte te hê om te groei soos ek wil nie, kan ontmoedigend wees, aangesien geleenthede so skaars is.

Weens my hardwerkende geaardheid skep ek geleenthede vir ruimtes waarvan ek deel wil word. Een voorbeeld was toe ek vir One Africa Television genader het om nuus te lees. In daardie stadium was hulle nog net ’n paar maande oud en het nog nie plaaslike nuusbulletins vervaardig nie. Twee maande later het hulle my teruggebel en ek is as een van die eerste twee vrouenuuslesers aangestel.

Vertel ons van jou gunstelingonderhoud.

Khanyi Dhlomo was nog altyd ’n bron van inspirasie. Sy was die eerste swart nuusleser by die SABC. Sy was ook die eienaar van Ndalo Media, wat verskeie tydskrifte uitgegee het. Sy het ’n klomp ander mylpale ook bereik. Ek was bevoorreg om op Good Morning Namibia ’n onderhoud met haar te voer toe sy in die land was vir ’n seminaar wat gemik was op jong vroue-entrepreneurs. Ek bewonder haar ruim bydrae tot die mediabedryf op die vasteland.

Wat dink jy van uitsaaistandaarde in Namibië?

Die land het baie goeie vordering gemaak. En daar is nog ruimte om baie meer te bereik. Gehalte-inhoud sal altyd belangrik wees. Ons het een nasionale uitsaaier en een private stasie. Die bedryf is dus gemonopoliseer met geen mededinging nie.

Praat met ons oor jou voorgenome rebranding. Wat kan ons verwag?

In die eerste plek beskou ek myself as ’n skeppende gees. Hoewel ek in die algemeen bekend is vir my teenwoordigheid op die TV-skerm, was ek ook al by verskeie gedruktemediaveldtogte betrokke.

Hiernaas is ek ook ’n professionele opnamekunstenaar. Nuwe en vindingryke maniere van bemarking neem toe en een voorbeeld daarvan is hoe sakeondernemings en handelsmerke ’n punt daarvan maak om kragte met (veral TV-)persoonlikhede saam te snoer om hul aanbiedinge uit te brei en onder klante en kliënte se aandag te bring.

Die sukses hiervan is ’n bewese skitterende bemarkingsmaatstaf. Ek het vroeër genoem ek skep die ruimtes waarby ek betrokke wil raak. En dít is waaroor my rebranding gaan – om invloedmaker tot my rolle te voeg.

Ek is opgewonde om met handelsmerke, besighede en maatskappye saam te werk om wat hulle het om te bied nader aan moontlike kliënte te bring.

Wat sal jou anders maak as die res in die bedryf?

Naas die feit dat ek uniek is omdat daar net een Nina Katangana kan wees, beskou ek myself as goed ingelig en ’n afgeronde en wel ter tale aanbieder. Hierdie is sleutelkenmerke vir wanneer ’n mens jouself voor die kamera bevind.

My uitgebreide ervaring in die mediabedryf is wat my onderskei.

Gunstelinge:

Boek: Ek geniet dit om wyd en baie te lees. My jongste gunsteling is Half of a Yellow Sun deur Chimamanda Adichie Ngozi.

Aanhaling: Josua 1:9: “Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Vakansiebestemming: Ek wil baie meer reis, maar my gunstelingstad is Londen.

Dis: Ek geniet kos in die algemeen, maar ’n dis met ertjies of aartappels laat my verbyhou, en enigiets wat heuning of kaviaar bevat, mag ek nie eet nie omdat ek allergies is.

Woord: Ek vermoei die laaste ruk die woord annoying.

Wat weet baie min mense van jou?

My ouderdom. LOL. Ook dat ek Xhosa is. Hulle kry dit altyd verkeerd.

Wat moet eendag op jou grafskrif staan?

Dat ek my lotsbestemming ten volle uitgeleef het. Dat ek met liefde gelei het. En dat ek vir vele ’n inspirasie was deur my karaktereienskappe en die werk wat ek gedoen het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!