Nimt-werkers heraangestel
Nimt-werkers heraangestel
44 moet onmiddellik vir diens aanmeld
12 September 2018 | Ministeries
Henriette Lamprecht – Die 44 werknemers van die Namibiese Instituut vir Mynwese en Tegnologie (Nimt) wat afgelê is, moet in hul poste heraangestel word.
Dié opdrag kom van die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, wat die betrokke werknemers ook gevra het om onmiddellik weer vir diens aan te meld.
Kandjii-Murangi het die oorhandiging van die afleggingsbriewe as ‘n “ongelukkige voorval” beskryf en gesê ander kostebesparingsmaatreëls moet eerder ingestel word.
Sy het tydens ‘n besoek aan Nimt se kampusse aan die kus en in die Noorde beklemtoon die regering sal in die lig van die finansiële uitdagings wat die sentrums in die gesig staar, nie toelaat dat instellings soos Nimt sink nie.
Volgens haar is die finansiële uitdagings wat dit tans ervaar, nie uniek aan dié instelling nie.
Kandjii-Murangi het die versekering gegee haar ministerie is bewus van die finansiële uitdagings wat sommige van die agentskappe onder haar ministerie beleef.
In die lig hiervan beraadslaag haar ministerie met die ministerie van finansies om te sien hoe die finansiële situasie beredder kan word.
Sy het voorts gemaan verandering by die instelling is onvermydelik om te verseker Nimt word meer volhoubaar bestuur. Afleggings moet ook die laaste uitweg wees.
Kandjii-Murangi het die belangrike rol wat Nimt in die ontwikkeling van beroepsgerigte en tegniese vaardighede beklemtoon, wat kritiek is om werkloosheid en armoede in die land te takel.
Die minister het gemaan nou is nie die tyd om die “skip” te verlaat nie en alle werknemers moet eerder saamwerk vir Nimt om te oorleef.

Soortgelyk
Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval
1 uur gelede | Ministeries
Leerlingdokters 'van swakker gehalte'
1 uur gelede | Onderwys
Regulasies vir loterye en dobbel kom
1 uur gelede | Toerisme
Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender
1 uur gelede | Ministeries
Weer, Woensdag 20 Februarie 2019
1 uur gelede | Weer
Twee kinders met stok doodgeslaan
1 uur gelede | Misdaad
Weerwaak teen hitte uitgereik
1 uur gelede | In beeld
Duister SA bekommer NamPower nie
1 uur gelede | Energie
Pack Safari open toergids-akademie
1 uur gelede | Toerisme
Kleinadvertensies