Nimt-verhoor: DNS onder vergrootglas
Nimt-verhoor: DNS onder vergrootglas

Nimt-verhoor: DNS onder vergrootglas

Ellanie Smit
Ellanie Smit – Die DNS-resultate van mnr. Ernst Lichtenstrasser in die moordondersoek van twee topbestuurders van die Namibië Instituut van Mynbou en Tegnologie (Nimt) het gister in die Windhoek-hoërhof onder die soeklig gekom.
Lichtenstrasser, ’n voormalige lektor van die Tsumeb-kampus van Nimt, staan tereg op die moord van mnre. Eckhart Mueller (72) en die 60-jarige Heimo Hellwig (60), op 15 April 2019. Hulle was onderskeidelik die uitvoerende direkteur en adjunkdirekteur van Nimt.
Hy het gister weer voor regter Christie Liebenberg in die dubbele moordverhoor verskyn.
Gister het dit aan die lig gekom verskeie onakkuraathede het voorgekom op die vorm wat tydens die neem van Lichtenstrasser se DNS-monster voltooi moes word.
Dr. Beata Haulofu wat in die Walvisbaai- staatshospitaal tydens die voorval gewerk het, het gister as staatsgetuie getuig.
Volgens haar was sy aan diens op 21 Mei 2019 toe AO Heinrich Geiseb wou hê sy moes ’n orale DNS-monster van die moordverdagte neem.
Sy het gesê Geiseb het na die hospitaal gekom met die verdagte in handboeie. Haulofu het gesê Geiseb het die naam en die identiteitsdokument van die verdagte aan haar gegee.
“Die naam was ’n bietjie moeilik om uit te spreek. Lichtenstrasser,” onthou sy. Tog, het sy gesê, sal sy nie weer die man kan uitken nie, sy weet net die man was nie swart nie.
Volgens haar het Geiseb ook aan haar ’n toetstoestel gegee om DNS-monsters te neem.
“Dit is die eerste keer wat ek met so ’n spesifieke DNS-toestel gewerk het. Ek het voorheen nog net DNS-monsters vir verkragtingsake geneem.”
Haulofu het bevestig die DNSmonster is geseël, wat belangrik is sodat daar nie met bewyse gepeuter word nie en die uitslag betroubaar is.
Sy het gesê die toestel is toe in die teenwoordigheid van die verdagte oopgemaak. Sy het haar handskoene aangesit nadat sy die vorm voltooi het wat ook in die toestel was. Een van die afdelings op die vorm het sy nie voltooi nie, want sy het dit nie verstaan nie, het Haulofu gesê.
Volgens haar is ’n DNS-monster geneem deur ’n weefselmonster aan die binnekant van die wang en onder in die mond te neem.
Dit is ook apart in die toestel geseël en die monster is in ’n koevert geplaas. Al die ongebruikte materiaal van die toestel, die vorm en die monster is weer in ’n deurskynende plastieksak geseël met ’n staafkode wat met die staafkode op die vorm ooreenstem.
“Daar was geen besmetting van die monster toe ek dit geneem het nie, want ek het die regte stappe gevolg.”
Die verdediging se prokureur, mnr. Albert Titus, het dit bevraagteken dat sy voorheen slegs DNS-wangmonsters vir verkragtingsake geneem het en nog nooit voorheen die DNS-monstertoetstoestel gebruik het nie.
Haulofu het verduidelik dit was ook die eerste keer dat sy dié spesifieke vorm moes invul en dat die verkragtingstoestelle verskillende vorms het.
Titus wou dus weet wie die inligting onder die skenker-afdeling van die vorm ingevul het. Haulofu het gesê sy het die voorletters, van en ID-nommer van die ID gebruik wat aan haar verskaf is.
ID SE EGTHEID ONDUIDELIK
Sy erken sy het nie die egtheid van die ID vasgestel, of dit inderdaad dié van die verdagte was wat hospitaal toe gebring is nie. Titus het ook uitgewys na die spelling van die van op die vorm wat sy voltooi het as “Lictestrassen.”
Hy het ook die telefoonnommer bevraagteken wat sy as die verdagte s’n neergeskryf het, maar sy het gesê sy weet nie aan wie die nommer behoort nie.
In die afdeling op die vorm wat Haulofu beweer sy nie verstaan het nie, wou Titus weet waarom sy haar handtekening by dié afdeling geteken het.
Hy meen as sy geteken het, bevestig sy dat sy dit verstaan.
Nadat Titus die afdeling hardop gelees het, het hy gesê sy moes nie eintlik dié afdeling voltooi het nie, maar wel die skenker (verdagte).
“Waar jy geteken het, is waar die skenker moes teken. Die inligting was vir hom bedoel om te verseker hy verstaan waarvoor die vorm was. Die skenker het nooit die vorm onderteken nie.”
Titus het aangedui dat hoewel die verdagte se duimafdruk geneem is, hy nooit enige inligting oor die proses gegee is om in erkenning daarvoor te teken nie.

Adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef verteenwoordig die staat.

Die verhoor hervat Donderdag.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!