Niks gebeur vanjaar onder Napso-vaandel
Niks gebeur vanjaar onder Napso-vaandel

Niks gebeur vanjaar onder Napso-vaandel

Gasheerskole bly dieselfde wanneer sake volgende jaar hervat.
Geen sport- of ander geleentheid van die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) sal vir die res van die jaar georganiseer word nie.

“Dit is met 'n swaar hart dat ons aankondig dat alle beplande byeenkomste tot 2021 uitgestel word. Die aangewese gasheerskole bly onveranderd soos wat dit vanjaar sou wees,” het Napso se uitvoerende hoof, mnr. Wouter Niehaus, in 'n verklaring gesê.

“In die 23 jaar van Napso se bestaan het ons nooit gereken dat ons die kansellering van ons jaarlikse byeenkomste vanweë 'n internasionale gesondheidspandemie sou moes bespreek nie.

“Die afgelope 23 jaar was gevul met van die beste sport-, kulturele en akademiese byeenkomste wat Namibië kan bied. By dié geleent­hede is nuwe vriendskappe gesmee en kon ou vriende mekaar weer sien.

“Aan ons hoofborge Securitas, Nictus Holdings, Wimpy, Coca-Cola, Spar, Build It, NWU en ons mediavennote NMH, Kanaal 7 en Netwerk … julle is die beste! Die wyse waarop die borge Napso se besluit tot voordeel van die hele Namibië ondersteun, is eenvoudig merkwaardig.

“Ons harte gaan uit na die skole wat reeds tyd, geld en moeite spandeer het.

“Tsumeb Gimnasium het reeds miljoene dollar bestee om hul sportveld voor te berei vir die duisende besoekers tydens die Securitas Napso privaatskoleweek wat einde Mei sou geskied; Pro-Ed Akademie het vir drie maande onafgebroke gewerk om Napso se atletiekkampioenskap (geborg deur Coca-Cola en Wimpy) aan te bied; Moria het reeds begin met hul beplanning en vergaderings ter voorbereiding op twee gebeure wat in September sou wees, naamlik die Napso kuns- en kultuurfees (geborg deur Nictus) asook die Napso krieketfees (geborg deur SPAR).

“Al hierdie moeite sal hernu moet word sodat ons in die komende jaar die vrugte kan pluk.

“Dit spyt ons om dié aankondiging te moet maak, maar ons moedig ons ouers en skole aan om die tyd en geld in ons gemeenskappe te bestee en mekaar te help om finansieel te herstel, sodat ons 2021 op 'n opwindende noot kan afskop.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!