Nike su00ea koebaai vir
Nike su00ea koebaai vir

Nike sê koebaai vir

Atletiek
Tielman van Lill
Wim Pretorius – Luvo Manyonga se wankelende atletiekloopbaan het 'n verdere terugslag beleef met die nuus dat Nike sy borgskapooreenkoms met dié voormalige verspring-wêreldkampioen beëindig het.

Dít volg nadat Manyonga verlede week voorlopig deur atletiek se integriteitseenheid (AIU) geskors is nadat hy reëls met betrekking tot opkikkertoetse oortree het deur nie die toetsbeamptes in te lig oor waar hy homself bevind nie.

Manyonga het drie opkikkertoetse binne 'n tydperk van 12 maande misgeloop en is voorlopig geskors.

Sy kanse om vanjaar aan die Olimpiese Spele in Tokio deel te neem, is basies dus daarmee heen.

Dié skorsing dra normaalweg 'n maksimum tydperk van twee jaar, maar nadat Manyonga in 2012 'n opkikkertoets gedop en vir 18 maande geskors is, kan sy skorsing so lank as vier jaar wees.

Tensy hy uitstekende redes aan die AIU kan verskaf oor waarom hy nie vir die toetse beskikbaar was nie, sal sy atletiekloopbaan op die rotse wees.

Nike het in 'n verklaring aan die media gesê hy het weens die voorlopige skorsing besluit om nie sy kontrak met Manyonga te hernu nie.

“Die kontrak tussen Nike en die atleet (Manyonga) het aan die einde van 2020 verval. Ons gaan hom nie meer borg nie,” het Fareed Mohammed, die klereverskaffer se kommunikasiebestuurder, in 'n kort verklaring gesê.

Aleck Skhosana, president van Atletiek Suid-Afrika, het Maandag aan Netwerk24 gesê dat hy “bekommerd” is oor Manyonga en dat die nasionale liggaam hom nog nie kon opspoor nie.

Skhosana het 'n pleidooi aan Manyonga gerig om homself reg te ruk, sy dwelmgewoontes te laat vaar en weer te begin fokus op sy potensiaal as atleet.

Hy sê die AIU kon ook nog nie vir Manyonga in die hande kry nie.

“Ons kry afskrifte van al die briewe wat hulle aan hom probeer stuur, maar hulle het self nog nie sukses gehad nie,” het Skhosana by navraag gesê.

Manyonga en sy agent, Lee-Roy Newton, se paaie het aan die einde van 2020 geskei, en hy is glo terug na sy geboortedorp, die Paarl, nadat hy in Port Elizabeth woonagtig was.

Die Universiteit van Pretoria (Tuks) het ook in 2017 sy bande met die verspringer verbreek.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!