• Tuisblad
  • Sake
  • Niemand wil prinses Diana se ‘dansrok’ vir regte prys koop

Niemand wil prinses Diana se ‘dansrok’ vir regte prys koop

Elvira Wood

Prinses Diana se ikoniese blou fluweelrok wat sy gedra het toe sy met John Travolta in die Withuis gedans het, kon nie opgeveil word nie.

Kerry Taylor Auctions, die afslaers in Londen, Engeland, wat dié rok wou opveil, het gereken kopers sal bereid wees om tussen £250 000 en £350 000 daarvoor te betaal.

Reuters berig dat geen aanbod tydens die “Passion for Fashion”-veiling eens naby dié prys kon kom nie.

Kerry Taylor het voor die veiling vir Reuters gesê dat die rok voorheen vir £200 000 verkoop is.

Daar was glo wel navrae uit die VSA en Brittanje oor die rok.

Die prinses het dié rok gedra op ’n dinee wat deur Ronald en Nancy Reagan op 9 November 1985 by die Withuis aangebied is.

Victor Edelstein het die rok ontwerp.

Die rok was een van die prinses se gunstelinge. Buiten vir die geleentheid by die Withuis, het sy die rok op nog vyf ander geleenthede gedra, sê die afslaers.

Diana het selfs die rok in Junie 1997, net twee maande voor haar dood in ’n motorongeluk in Parys, Frankryk, laat opveil.

Twee van die prinses se rokke is wel tydens die veiling verkoop.

’n Blou fluweel aandrok is vir £48 000 verkoop. Dit is beduidend meer as die £20 000 tot £30 000 wat verwag was.

’n Ander uitrusting wat sy vir ’n afspraak in die dag gedra het en wat deur Catherine Walker ontwerp is, is vir £28 000 verkoop.

Daar was verwag dat dié rok vir tussen £4 000 en £6 000 sou verkoop.

Benewens Diana se rokke is daar ander rokke deur onder meer Givenchy, Christian Dior en ander ontwerpers.

’n Geborduurde aandjas wat deur Gabrielle Chanel ontwerp is en van tussen 1918-‘20 dateer, is vir £9 000 verkoop.

’n Skemerkelkierok van 1967-‘68 deur Balenciaga is vir £18 000 verkoop. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!