Niemand nog vas oor baba in tas
Leandrea Louw - Die pasgebore babameisietjie wat Vrydagoggend lewend in 'n reistas tussen riete naby die treinspoor in Narraville op Walvisbaai gevind is, word steeds in die hospitaal behandel.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'n Verbyganger het 'n baba hoor huil en op die toe tas tussen die riete afgekom. Die naelstring en plasenta was nog aan die meisietjie vas. Sy weeg 2,48 kg.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het gister gesê geen inligting is nog van die publiek ontvang wat die polisie met die ondersoek kan help nie.
"Die baba is lig en kleur en is vroeg Vrydagoggend deur 'n onbekende moeder (verdagte) daar geplaas."
'n Saak van babastorting and kinderverwaarlosing is geopen.
Mense met inligting kan vir Iikuyu by 081 246 4757, lede van die eenheid vir beskerming teen geslaggeweld by 064 219 000 of die naaste polisiekantoor kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie