Niels laat die vure hoog brand

Nie ’n ‘lui haar’ op sy kop

08 November 2019 | Mense
Tanja Bause – Windhoekers sien die wit bakkie dikwels Saterdae by winkelsentrums staan.

Dié bakkie is Niels Muller (77), ’n boorling van Otjiwarongo, se “winkel”.

Vanuit die bakkie verkoop hy sy handgemaakte, selfontwerpte Namibiese blaasbalke.

Niels sê hy werk sy hele lewe lank al met sy hande.

“Ek het al vir baie base gewerk, maar ek het terselfdertyd altyd vir myself gewerk. In my twintigerjare het ek kopskêre vir beeste gemaak en verkoop. Ek het hulle self in die Landbou Weekblad geadverteer en in Suid-Afrika verkoop.”

’n Kopskêr is ’n instrument waarin ’n bees se kop vasgeklem word sodat hy nie sy kop beweeg wanneer ’n boer hom byvoorbeeld onthoring nie.

Niels sê hy het hout- en metaalwerk op skool as vak geneem, maar was nog altyd ’n ambagsman en sy hande staan vir niks verkeerd nie.

“Ek het vir (die departement van) waterwese gewerk, en toe hulle vir my sê ek kan aftree as ek wil, toe het ek. Maar stilsit kon ek nie, so ek het my eie besigheid in Windhoek begin wat uitlaatpype vervaardig.”

Hy het die nodige toerusting aangekoop en uitlaatpype en knaldempers vir voertuie ontwerp en gemaak.

“Ek het onder voertuie ingeklim en hulle ontwerp, gebuig en geïnstalleer. Met dié besigheid het ek baie geld gemaak. Ek is glad nie skaam om dit te sê nie. Ek kon die huis vir my en my vrou koop en ook my bakkie.

“Ek het vir my bakkie ’n uitlaatpyp uit vlekvrye staal gemaak. Ek weet nie of die bakkie my sal oorleef nie, maar wat ek wel weet, is die uitlaatpyp sal ons al twee oorleef,” lag Niels.

In 2006 het hy sy besigheid verkoop, maar steeds uitlaatpype tuis vir kliënte gemaak.

Vier jaar later het Niels besluit genoeg is genoeg.

NUWE BESIGHEID

In 2011 het sy suster ’n blaasbalk van Suid-Afrika af vir hom saamgebring.

“Ons seun het gedink hy sal begin blaasbalke maak, maar sy pa het hom voorgespring. Hy kon nie uitpluis hoe die blaasbalk se binnekant werk nie. Dit is juis dít wat die balk laat blaas. Sy pa het dit toe uitgepluis en begin maak,” sê Ansie, wat al 55 jaar met Niels getroud is.

Niels het die blaasbalk self ontwerp en hy sê dit is eintlik baie eenvoudig.

Die afgelope agt jaar maak by nou blaasbalke tuis.

“Ek het aan die begin kunsleer gebruik, maar besef dit gaan nie lank hou nie en oorgeskakel egte leer toe. Ek hou daarvan dat iets vir ewig moet hou; dat iets goed gemaak is en nie sal breek nie. As een wel stukkend raak, sal ek dit natuurlik herstel, maar dit gebeur baie min,” sê hy.

“Ek het al baie goed in my lewe self gemaak, maar die blaasbalke is die beste en eenvoudigste ding wat ek al gemaak het.”

Niels sê hy het oor die jare heen geleer hoe om die meeste werk in die kortste tyd te doen.

“Ek saag eers al die voor- en agterkante van die blaasbalke, dan boor ek al die nodige gate, saag die handvatsels en meet en sny die pype, sny die leer, en dan begin ek om dit aanmekaar te sit.”

Ruimte vir verbetering is daar natuurlik ook.

“Toe ek die eerste een gemaak het, het ek besef hier en daar werk iets nie reg nie. Ek het dit verander en aangepas en nou werk hulle 100%.”

“Dié stokperdjie hou Niels besig en onder my voete uit,” lag Ansie.

“Om blaasbalke te maak, kan jy nie ’n lui haar op jou kop hê nie. Aan die begin is dit ’n baie lekker stokperdjie, maar jy kom vinnig agter dit is eintlik maar baie harde werk. Maar ek is baie trots op my produk en ek dink elk plek in di eland het een van my blaasbalke,” sê Niels.

- [email protected]

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

8 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...