Nie vir sensitiewe lesers

09 March 2018 | Kuns en vermaak
'n Man wat nooit voorheen sy hand teen sy vrou gelig het nie, kan wél tot moord oorgaan. Selfs al is hy 85!

Die enigste verweer is om waaksaam en ingelig te wees. Dís waarom Schalk Schoombie se Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor 'n ­belangrike boek is.

In Suid-Afrika word drie vroue daagliks deur 'n ge­wese of huidige slaapkamermaat om die lewe gebring. Schoombie bespreek ook moord op swanger vroue, grusame moorde, huurmoord en gesinsmoord. Kenners ­reken juis dat Suid-Afrikaners weens hul eiesoortige frustrasies, waaronder misdaad, korrupsie en armoede, soos drukkokers is wat dreig om te ontplof.

Maar hoe kan mans so lank ná die begin van die vroueregtebeweging steeds hul vroue mishandel en vermoor? Daar is nie net een antwoord nie. Patriargie speel wel 'n belangrike rol.

Volgens die Anglo-Amerikaanse feministiese teorie kweek te min moederlike aandag, en spesifiek die afwesigheid van 'n band tussen moeder en seun, seksisme en “tradisionele manlikheid”.

Schoombie het werklike moorde nagevors, maar waarom word dié gedeeltes keer op keer as “gevallestudies” aangedui?

“Laci en Connor” handel tog duidelik oor dié betrokkenes. Daarby verskil die lettertipe wat volg.

Tussenkoppe, soos “Laci en Connor”, is ook nie prikkelend nie. “Fetus op strand gevind” of “Sy bokbaardjie was blond gekleur” sou treffender gewees het. Sommige hoofstukke kort inleidings. Waaroor handel dié een? wonder jy aanvanklik. As dit by niefiksie kom, behoort elke hoofstuk buitendien dieselfde formaat te hê. Sover moontlik.

Skrywers moet waak teen ­bespiegeling of die maak van afleidings.

Ten spyte van ander se menings, is OJ Simpson on­skuldig aan moord bevind.

Maar op bl. 11 word dit as feit gestel dat dié voetbalheld sy gewese vrou Nicole en 'n vriend vermoor het.

Tot die dood ons skei bevat 'n magdom boeiende feite. Soos dat aggressie grotendeels aangeleer is en dat die gevaar van intieme vrouemoord op sy grootste is wanneer 'n vrou pas haar verhouding beëindig het of te kenne gegee het dat sy dit wil doen, of pas ná die egskeiding.

Schoombie se taalgebruik is goed. 'n Mens wonder net of die deursneeleser sal weet wat byvoorbeeld “inflagrante” (seksuele wangedrag) en “ekstrapolering” ('n projeksie op grond van beskikbare data) beteken. 'n Belangrike vraag word later beantwoord: Watter eien­skappe het iemand wat sy vrou vermoor? Gevaar­tekens en 'n strategie vir oorlewing kom ook voor. Tot die dood ons skei is 'n verrykende leserervaring, maar beslis nie vir sensitiewe lesers nie. –Netwerk24

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...