Nie 'n kat se kans sonder sterilisasie

'n Program waarvolgens die diere gevang, gesteriliseer en vrygelaat word, help om kolonies wilde katte langs die kus en in Katutura te beheer.
Tanja Bause
Tanja Bause



'n Groep katliefhebbers het besef hoe min mense bewus is van die talle liefdevolle, oulike katte by verskillende diereskuilings in die land, en het hulle tot Facebook gewend om tuistes vir dié diere te vind.

“Ons het besef katte het meer aandag nodig om hul kans op 'n liefdevolle huis te verbeter. Hulle kan nie hulself bemark nie, dus doen ons dit namens hulle,” sê 'n woordvoerder van die Facebook-blad Cool Cats Namibia.

Dié blad het al meer as 2 700 lede.

“Cool Cats Namibia plaas foto's en beskrywings van katte by die verskillende dierebeskermingsverenigings in Namibië en by die Cat Protection Society of Namibia (CPSN), wat op nuwe huise wag.

“Ons probeer ook bewustheid skep van die belangrikheid daarvan om katte te steriliseer en kastreer.”

Kort ná die blad gestig is, het die stigters met die vang, steriliseer en vrylaat-program van wilde katte begin.

Die sterilisasie van katte is selfs belangriker as om hulle te voer, glo die groep. Daar is baie katte op straat vir wie niemand sorg nie.

Die katte teel aan en is nie gewoond aan kontak met mense nie, en is dus wild.

Die babakatte kry vinnig weer kleintjies, wat in 'n oogwink kolonies wilde katte tot gevolg het.

“Die katte is van groot waarde omdat hulle onder meer muise en rotte vreet, maar dikwels is daar nie genoeg kos vir hulle nie. Baie van die katte het siektes weens 'n bakleiery tussen manlike katte in paartyd.

“Die katte ly meestal weens siekte en 'n tekort aan kos. Afgesien daarvan pla die katte se geraas, in veral in paartyd, mense in omliggende omgewings.

“Die oplossing is vang, steriliseer en vrylaat. Wetenskaplike studies bewys dit help nie om wilde katte dood te maak nie. Dit skep net 'n gaping wat in 'n kort tydperk deur ander katte gevul word. Die probleem begin dan van voor af en niks word opgelos nie,” sê die woordvoerder.

Siek katte word uitgesit en gesonde gesteriliseerde katte word terug in hul omgewing geplaas.

Hier verdedig hulle hul gebied teen indringerkatte en vreet muise en rotte.

Dieselfde program word met baie sukses deur die CPSN gevolg.

“Ons het met die program begin toe iemand ons gevra het om te help met 'n katkolonie by die ou nywerheidsgebied buite Walvisbaai. Ons het 10 katte met die hulp van Have-a-Heart Walvisbaai gevang, gesteriliseer en teruggeneem.

“Die sukses lê daarin dat die bevolking die afgelope drie jaar steeds net uit 10 katte bestaan. Sonder die sterilisasie sou die bevolking nou al uit tussen 30 en 40 ondervoede katte bestaan het. Ons gee ook vir die katte ekstra kos.”

Dit word nie altyd aanbeveel om die katte te voer nie, maar omdat daar nie genoeg kos vir die katte in die woestyn is nie, word hulle wel gevoer.

“Gelukkig is daar 'n ­diereliefhebber wat homself oor die katkolonie in die woestyn ontferm. Maar hy het nie genoeg geld om vir hulle te kan sorg nie. Ons het 'n fondsinsameling van stapel gestuur en baie mense dra nou tot kos vir die katte by. Ons het genoeg geld ingesamel dat ons ook ander projekte soos Feed-a-Paw of Feral Cats Swakopmund kan ondersteun.”

In Katutura in Windhoek word 'n klein katkolonie gesteriliseerde katte deur Cool Cats Namibia gevoer.

Op Walvisbaai ondersteun die groep Have-a-Heart met kos vir die katte wat in die hawe bly en op Okahandja ondersteun hulle 'n man wat homself oor rondloperdiere ontferm.

Hulle benodig tussen 20 kg en 30 kg kos per maand, sê die woordvoerder.

“Mense wat wil help, moet seker maak hul katte, asook vriende en familie se katte word gesteriliseer of gekastreer. Sulke katte is gesonder, liefdevoller, loop minder rond, merk nie hul gebied nie en is beter troeteldiere.

“Straatkatte moet ook gesteriliseer word sodat ons ongewenste babas kan verhoed. Mense kan organisasies wat straatkatte steriliseer en kastreer soos CPSN, DBV's en Have-a-Heart ondersteun.”

Direkte skenkings kan nie aan Cool Cats Namibia self gemaak word nie, maar die groep het rekeninge by Happy Pets op Swakopmund en Bone Appetit in Windhoek.

“Dié geld word aangewend om katte te voer en steriliseer, wat dit die nodigste het.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035