Nicole het 'n groot hart vir kinders
Die 9-jarige Nicole Kharigus wat ’n pretdag vir wees- en kwesbare kinders in Outjo gereël het, het gekwalifiseer vir deelname aan die Mej. Little Grand Namibia-kompetisie, wat onlangs in die hoofstad ten einde geloop het.
Die nasionale direkteur van Mej. Grand Namibia, me. Magnolia Kuhanga, het gesê sy hou die kompetisie om jong meisies voor te berei om gemeenskapsleiers te word wat in die openbaar sal praat oor geslagsgeweld.
Vir ’n deelnemer om te kwalifiseer, moes sy aktief betrokke wees in ’n gemeenskap ontwikkelingsprojek.
Kharigus het gekwalifiseer ná sy self meer as 40 kospakkies aan wees- en kwesbare kinders by die meerdoelige sentrum in Otjiwarongo versprei het. Sy het ook ’n pretdag vir meer as 200 kinders by die Orphanage Fina Grace-projek in Outjo gereël, waar sy gepraat het oor hoe noodsaaklik dit is om kinders lief te hê en te versorg.
Met die hulp van haar ma Ingrid, het Kharigus ook ’n springkasteel vir die weeskinders van Outjo gereël en middagete vir hulle gegee. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie