Nickel, Itana vertel oor padwoede-voorval

Partye skik buite die hof
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die bestuurder van die bakkie wat in ’n padwoedevoorval by die Wika-diensstasie skynbaar doelbewus in ’n sedanmotor vasgery het, sê hy is deur die sedanmotorbestuurder geskel, getart en is selfs gedreig dat hy geskiet sal word.

Toe dié man hom boonop met ’n halfgedrinkte koeldrankbottel in die gesig gooi, het hy sy humeur verloor.

Mnr. Faizel Nickel het gister aan Republikein bevestig dat die saak van kwaadwillige saakbeskadiging en rassediskriminasie teen hom en sy vrou teruggetrek is. Voorts sal Nickel N$58 000 betaal en die beskadigde sedanmotor by mnr. Christoph Itana oorkoop.

AGTER DIE KAMERA

Hy sê dit het begin nadat hy gesien het hoe Itana onverskillig kort-kort van bane verwissel.

“In ’n stadium kon ek langs hom intrek en ek het toe vir hom gesê ‘jy ry nie so nie, jy gaan mense se dood veroorsaak’. Dis toe dat hy my begin vloek en skel het. Hy het my ook gedreig en gesê hy gaan my skiet,” vertel Nickel.

Hy sê daarna het die man om ’n draai voor sy bakkie ingedruk en op twee afsonderlike geleenthede op so ’n manier op sy motor afgepeil en voor hom ingedruk, dat dit voorgekom het asof hy hom wou stamp.

“Ek het toe vir hom gesê kom ons ry saam polisiestasie toe om die saak daar te gaan uitklaar. Dit het net tot ’n groter geskellery gelei.

“My vrou het my oortuig om die man te ignoreer. Ek was op pad NaTIS toe en het toe ’n heel ander rigting met my bakkie ingeslaan.

“By die Puma-diensstasie naby Diesel Electric wou ek links draai. Dis toe wat dieselfde man met die sedanmotor van voor af kom en my deur my oop venster met ’n halfgedrinkte koeldrankbottel vol in die gesig gooi.

“Dis toe dat ek my humeur verloor het en hom agterna gesit het.”

Nickel sê hy het Itana se motor agternagesit en laasgenoemde het toe by die vulstasie ingejaag en skielik gestop.

“Ek het uitgeswaai en hom per ongeluk op die regterkant van sy motor gestamp. Ek sien toe hy wil iets uit sy motor haal en het gedink dat dit ’n geweer is, omdat hy voorheen gedreig het om my te skiet.

“My vrou wou uit die motor klim om te kyk wat die skade van die eerste stamp is. Dis toe dat ek my motor in trurat sit en hom gestamp het.”

Nickel sê sy vrou het nie ‘n rassistiese aanmerking gemaak nie.

“Sy het vir hom gesê, ‘sien jy wat het jy nou veroorsaak’. Ek het vir haar gesê sy moet in die kar klim – ek was bang dat hy haar sal skiet.

‘SOOS ’N VARK BEHANDEL’

“Ek is eintlik glad nie so ’n mens nie.”

Nickel sê hy het homself later die dag by die polisiestasie gaan aangee, waar hy in hegtenis geneem is.

Hy sê hy het gevra om buite die hof te skik, omdat hy eers 48 uur aangehou sou moes word voor hulle hom aankla en hulle sy vrou ook wou toesluit.

“Ons het buite die hof geskik en ooreengekom dat ek die man sal betaal en die gestampte motor sal oorkoop. Ek het klaar een nag in daardie tronk geslaap en ek is erger as ’n vark hanteer. Die polisie was glad nie vriendelik nie en ek wil nie teruggaan soontoe nie,” het hy gesê.

Nickel sê hy ontvang nou dreigemente van vreemde mense op sosiale media dat hulle hom gaan skiet as hulle hom kry.

DIS ONS ENIGSTE INKOMSTE

Terselfdertyd het Itana gister gesê hy aanvaar om buite die hof te skik, want nou kan hulle voortgaan met hul lewens, terwyl ’n hofsaak jare sou duur.

“Ek en my neef is werkloos, die sedan sou as ’n taxi geregistreer word en dit sou as ons inkomste gedien het.”

Hy ontken dat hy vir Nickel met ’n koeldrankbottel gegooi het en sê Nickel het hom vererg toe hy hom gevra het of hy voor hom met sy motor kan inbeweeg. “Hy wou my nie toelaat nie, toe het ek die motorbestuurder vóór hom gevra. Ons het ’n woordewisseling gehad terwyl ons by ’n rooi verkeerslig gestaan het, waar hulle my op ’n rassistiese wyse beledig het. Daarna het hy my motor gevolg.

“Hy het gesê hy kan my stamp en met my maak wat hy wil, want hy het ’n goeie prokureur.”

Volgens Itana het Nickel en sy vrou verskeie rassistiese opmerkings gemaak en by die Wika-diensstasie het sy gedreig om hom te skiet. Hy sê hy was bang toe die man hom agtervolg het en het by die diensstasie ingery met die hoop dat hulle hom sal help.

“Ek wou ’n skroewedraaier uit my motor haal – ek was bang die vrou gaan op my afkom,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A