NHE steeds leierloos
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, sê indien drie senior bestuurders by die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) bevoeg was, die land nie in die “ongesonde” behuisingstoestand sou wees waarin Namibië hom nou bevind nie.
Sy het in die Nasionale Vergadering geantwoord op vrae van mnr. Mike Kavekotora van die RDP oor haar betrokkenheid by die aanstelling van ’n waarnemende hoof uitvoerende beampte vir die NHE.
Sy het daarop gewys dat nie een van die drie senior bestuurders by die NHE bevoeg was om in die pos aangestel te word nie.
Sy sê nie een van die drie is van hul huidige poste onthef nie en nie een van hulle kan daarop aanspraak maak dat die pos van hoof uitvoerende beampte vir hulle gereserveer moes word nie.
Om hierdie rede het sy besluit om een van die direksielede as waarnemende hoof uitvoerende beampte aan te stel. Shaningwa sien geen fout met die aanstelling nie.
“Dit moet verstaan word dat ek die kaptein is en nie bereid is om gemaklik toe te kyk terwyl die NHE sink nie. Om dié rede het ons ’n man of vrou nodig om die maatskappy weer op koers te bring,” het Shaningwa gesê.
Sy het ook aangedui dat ’n ondersoek na die werksaamhede van die NHE gedoen word en dat die uitslae een van die dae verwag word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie