NHE: Geskil oor massabehuising duur voort
NHE: Geskil oor massabehuising duur voort

NHE: Geskil oor massabehuising duur voort

Belangrike inligting oor die massabehuisingsprojek is glo deur minister Sophia Shaningwa weerhou ten einde die beëindiging daarvan te regverdig.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, en ander hooggeplaaste amptenare word daarvan beskuldig dat hulle oneerlik was oor die mislukking van die multimiljard-massabehuisingskema.

Die minister het glo probeer om haar eer te red nadat pres. Hage Geingob die projek dadelik gestop het toe sy ‘n voorlegging aan die kabinet gemaak en voorgestel het die projek moet weens verliese gestaak word.

Die opvatting is geskep dat daar grootskaalse korrupsie in die toekenning van tenders was.

Bronne binne die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) voer aan dat die kabinet Shaningwa se voorlegging huidjie en muidjie aanvaar het, sonder om die beweringe te bevraagteken of te ondersoek.

Een van die sake wat hulle voel ondersoek moes word, is die besonderhede in die verslag van N$3,5 miljoen wat deur bourekenaars op versoek van die regering opgestel is. Daarin is bevind die huispryse van die projek was, strydig met die openbare siening, nié oordrewe hoog nie. Trouens, die bevinding was dat dit minder as die markwaarde was.

Die bronne, wat anoniem wil bly, sê verder die NHE het nie een keer tydens die eerste fase van die massabehuisingsprojek geld van die sentrale regering daarvoor ontvang nie. Die NHE het N$220 miljoen by Bank Windhoek geleen om daardie fase te finansier.

Hulle voer verder aan dat die NHE vir elke sent wat hy vir die massabehuisingsprojek ontvang het, verantwoording kan doen.

Ondanks hierdie feite het die kabinet en Shaningwa stilgebly toe die voormalige uitvoerende hoof van die NHE, mnr. Vincent Hailulu, se integriteit bevraagteken is en sy openbare beeld skade gely het.

“Die wegneem van die projek by die NHE was ‘n mosie van wantroue in dié staatsonderneming. Nie een van die sleutelbeweringe deur minister Shaningwa aan die kabinet kon gestaaf word nie. Tog het die regering steeds nie met die waarheid vorendag gekom en die saak reggestel nie. Hulle wou Hailulu diskrediteer deur kwessies kunsmatig tot op die vlak van korrupsie te verhef,” beweer die bronne.

Dié beweringe teen Shaningwa volg nadat amptenare van die NHE die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), mnr. Paulus Noa, daarvan beskuldig het dat hy sy plig versuim het deur nie in te gaan op beweringe van bedrog en korrupsie soos in 'n Deloitte-ondersoek bevind is nie.

Die bronne beweer Shaningwa het die verslag aan die ACC oorhandig, en nie aan die NHE-raad nie, en aangedring dat sekere van die vermeende ongerymdhede verder ondersoek word.

Noa het egter geweier om ondersoek te doen en aangevoer dat dit ‘n administratiewe kwessie is wat intern hanteer moet word.

DELOITTE-VERSLAG

Die bronne in die binnekring voer aan die Deloitte-verslag was nie ‘n forensiese verslag nie, maar bloot ‘n algemene een oor die werksaamhede van dié staatsonderneming.

Dit het die NHE egter N$750 000 gekos.

Uit ‘n bespreking van die verslag op ‘n NHE-raadsvergadering op 17 Januarie vanjaar, blyk dit “die verslag toon oorhoofs dat die NHE se boeke nie op datum is nie en reggestel moet word”.

Bevindinge wissel van duplikaatinskrywings in die leningsboek tot vermiste leggers en dokumente. Die nuwe raad onder die voorsitterskap van mnr. Sam Shivute was toe van mening dat dissiplinêre stappe teen sekere senior werknemers gedoen moes word oor dié foutiewe inskrywings.

Delotte het op 7 Maart weer ‘n verslag oor sekere bykomende oudits oor aspekte van die leningsboek aan die raad voorgelê. Die aanbeveling was onder meer dat die ‘n geoutomatiseerde stelsel geïmplementeer en die historiese data verbeter word.

Beide Hailulu en die voormalige senior bestuurder van tegniese dienste, mnr. Uazuva Kaumbi, is egter vrygespreek van enige onregmatige optrede in die toekenning van tenders vir die bou van huise vir dié projek.

Bewyse is gelewer dat Kaumbi sy belange verklaar het in ‘n projek op Lüderitz waarvan sy seun 'n aandeelhouer in die kontrakteursmaatskappy was. Die aanbevelings en keuringe is egter wel deur sy afdeling gedoen.

Daar is verder bevind Hailulu het homself onttrek aan die projek waartydens die Otjomuise-bouprojek aan die kontrakteur Titus Nakumba, ‘n familielid van sy vrou, toegeken is.

Die NHE se tenderbeleid dwing nie iemand om te onttrek wanneer daar ‘n konflik van belange is nie.

In die verslag is wel bevind die tenderproses “was oorhoofs gebrekkig en is in verskeie gevalle verontagsaam”. In sommige gevalle is bevind die kontrakteurs is “eenvoudig met die hand uitgesoek”.

“Die tenderbeleid wat gegeld het ten tyde van massabehuising en tydens die toekenning van sekere tenders soos Oruhalo, (kontrakteur vir die Lüderitz-projek) en Kata Investment (kontrakteur vir die projek op Otjiwarongo), was nie volgens die voorgestelde praktyk nie,” lui die notule van die Maart-vergadering van die NHE-raad.

Oruhapo het ‘n N$24,6 miljoen-kontrak gekry en 79 huise gebou.

Kata Investments het na wat berig word nie aan die vereistes voldoen nie en ook nie die sperdatum vir voorleggings gehaal nie. ‘n Kontrak van N$16,5 miljoen vir 71 huise op Otjiwarongo is egter steeds aan dié kontrakteur toegeken.

Die dogter van oudpres, Hifikepunye Pohamba, me. Kaupumhote Pohamba, en me. Taschiona !Gawaxab, dogter van die voormalige besturende direkteur van Old Mutual Africa, mnr. Johannes !Gawaxab, is die eienaars van Kata Investments CC.

Minister Shaningwa kon nie vir kommentaar bereik word nie, terwyl haar kantoor ook nie op skriftelike vrae oor die kwessie geantwoord nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%