Nghiwete klou aan NSFAF
Nghiwete klou aan NSFAF

Nghiwete klou aan NSFAF

Die studentehulpfonds het eindelik sy geskorsde hoof afgedank.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) worstel om van sy geskorsde hoof, me. Hilya Nghiwete, ontslae te raak.

Nghiwete se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, gaan Vrydag se aankondiging van sy kliënt se uiteindelike afdanking teenstaan.

Nghiwete is sedert April 2018 met volle voordele, hangende 'n dissiplinêre proses geskors ná sy van wanadministrasie, opstandigheid, beleidskending, botsende belange en finansiële wanbestuur beskuldig is.

Sy is sedert 7 Februarie 2020 amptelik werkloos.

Volgens Namandje word die oorspronklike besluit betwis om Nghiwete te skors, en moet die hoërhof op 7 Mei 2020 uitsluitsel daaroor gee.

Die regsverteenwoordiger het ook aangedui hulle sal 'n klagte by die kantoor van die arbeidskommissaris indien teen mnr. Klemens /Awarab, NSFAF-raadsvoorsitter, se aankondiging verlede week dat Nghiwete ­afgedank is.

Volgens Namandje gaan hy en ­Nghiwete aansoek om 'n dringende interdik teen die afdanking, hangende die afhandeling van die arbeids­geskil, doen.

Hy sê die NSFAF het die dissipli­nêre proses weens ongerymdhede daarmee laat vaar en dat dit eindelik op sy kliënt se kwytskelding sou uitloop.

“Ons kliënt meen die besluit om haar diens sonder 'n klagte of verhoor te beëindig, is 'n skaamtelose strategie van die NSFAF-raad om die komende verhoor op 7 Mei 2020 as ­betwisbaar en akademies voor te stel,” sê ­Namandje.

Volgens /Awarab se verklaring het die klagtes teen Nghiwete die moont­likheid van korrupsie aan die lig gebring en is 'n forensiese ondersoek gevolglik in Mei 2018 teen haar ingestel.

Verdere klagtes is in September 2018 teen haar ingedien, sê hy.

“Nghiwete het geweier om haar same­werking met die ondersoek te gee. Die dissiplinêre proses is weens ver­skeie vertragings steeds nie voltooi nie – die meeste op ­Nghiwete se aandrang, wat ook 'n betekenis­volle kosteverhoging veroorsaak het,” lui die verklaring.

“Nghiwete is nie haastig om die tugstappe af te handel nie omdat sy haar volle vergoeding ontvang. Haar optrede, ná volledige bespreking van die saak, word deur die raad as onredelik beskou, totaal onbillik teenoor die fonds, en is daarop gemik om die dissiplinêre proses in die wiele te ry,” sê /Awarab.

Hy sê in Januarie is die dissiplinêre proses tot April 2020 uitgestel, weer eens op Nghiwete se aandrang.

Volgens Namandje is Nghiwete se pa op 11 Februarie oorlede.

“Nie net moes die fonds die ­tydelike toelaag betaal nie, maar ook me. ­Nghiwete se maandelikse vergoeding, en die aanhoudende onsekerheid het 'n negatiewe impak op die goeie bestuur van die instansie,” sê ­

/Awarab.

Die hulpfonds befonds meer as 35 000 Namibiese tersiêre ­studente en het laas jaar gesukkel om al die aansoeke te finansier wat gekwalifiseer het.

Teen die einde van die 2017-'18-boekjaar het die fonds reeds byna N$2,5 miljard se lenings toegestaan.

 – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!