Nghipunya bly agter tralies
Die destydse uitvoerende hoof van Fishcor se appèl teen die weiering van sy aansoek om borgtog is van die hand gewys.
Kristien Kruger – Die geskorste uitvoerende hoof van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), mnr. Mike Nghipunya (36), se appèl teen die besluit om nie borg aan hom toe te staan nie, is gister in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
Regters Christie Liebenberg en Claudia Claasen het beslis die erns van die oortreding en die omstandighede is van so aard dat dit nie in die publiek se belang of in die belang van geregtigheid sal wees om Nghipunya op borg vry te laat nie.
Nghipunya is reeds vanaf 17 Februarie vanjaar op klagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in aanhouding.
BORGTOG GEWEIER
Adjunk-hooflanddros Ingrid Unengu het op 30 Junie in haar uitspraak in die landdroshof in Windhoek gesê vanweë die aard van die beweerde omvangryke korrupsiesaak teen Nghipunya, hy nie op borgtog vrygelaat kan word nie.
Nghipunya het aangevoer die hof het ’n verkeerde beslissing gemaak. Volgens hom het die hof die belang van geregtigheid oorbeklemtoon en die aanname dat iemand onskuldig is tot anders bewys, nie in ag geneem het nie.
Nghipunya is een van ses verdagtes wat in verband met die Fishrot-skandaal van bedrog en geldwassery aangekla word.
Een van Nghipunya se regsverteenwoordiger mnr. Thabang Phatela beweer dat hy slegs die instruksies van Bernhard Esau en James Hatuikulipi uitgevoer het.
Die staatsadvokaat, mnr. Cliff Lutibezi, voer egter aan Nghipunya het voordeel uit die beweerde korrupte transaksies getrek. Volgens Lutibezi is daar bewyse wat voorstel dat sowat N$7,7 miljoen herlei is na ’n maatkappy en trust wat aan hom gekoppel kan word en daardie geld het hy na bewering gebruik om luukse voertuie, huise en 'n plaas te koop.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie