Ngatjizeko tree af
Die nuwe mediasekretaris van die kantoor van die president, dr. Alfredo Tjiurimo Hengari, het gister aan Republikein bevestig minister Immanuel Ngatjizeko het afgetree.
In 'n nuusverklaring het Hengari gister gesê president Hage Geingob het Ngatjizeko weens sy gesondheid uit sy pos ontslaan.
Dié besluit, wat deur Ngatjizeko se dokter aangemoedig is, is onmiddellik van toepassing.
Ngatjizeko is vir sy bydraes in verskillende hoedanighede deur die president geloof, wat gesê het: “Jy was 'n modelkader en 'n uitstekende dienskneg vir die mense van Namibië, en dít blyk uit jou reputasie as 'n bewonderde en gerespekteerde leier in die gemeenskap.”
Geingob het hom voorspoed toegewens en vir sy waardevolle en voorbeeldige bydrae tot die Swapo-party, die regering van Namibië, en Namibiërs bedank.
Ngatjizeko is vroeër vandeesmaand na die posisie van minister van presidensiële aangeleenthede verplaas, waar hy vir mnr. Frans Kapofi vervang het.
Voorheen was Ngatjizeko die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling.
Hy kon nie vir kommentaar bereik word nie, maar mnr. Pieter van der Walt, adjunkminister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, het wel bevestig Ngatjizeko het onlangs nie in goeie gesondheid verkeer nie.
“Ek weet my minister is bietjie siekerig,” het Van der Walt gesê.
Minister Tjekero Tweya is tans aan die hoof van dié ministerie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie