Naweek van geweld

Verdagtes in hegtenis geneem

03 April 2019 | Misdaad
Tanja Bause



Een vrou is die afgelope naweek na bewering deur haar kêrel vermoor, en nog een is glo deur haar kêrel verkrag en aangerand.

Dít volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Verder is nóg 'n vrou glo vermoor en nog vier, waarvan die jongste maar agt jaar oud is, is na wat verneem word verkrag.

Die 19-jarige me. Selma Hanes is Vrydag om 19:30 glo deur haar kêrel met 'n mes doodgesteek.



MESDOOD

Die voorval het glo in die Soweto- informele nedersetting op Outjo plaasgevind.

'n Man (22) is met ernstige wonde aan sy gesig en kop in die staatshospitaal op Outjo opgeneem.

Hy het die beserings glo opgedoen toe die gemeenskap hom toegetakel het voordat die polisie op die toneel verskyn het om hom in hegtenis te neem.

Woensdag om 17:00 is me. Martha Kaaviju (35) na bewering deur 'n 68-jarige man in die Onamahoka-nedersetting aangerand.

Volgens die polisie se misdaadverslag het hy haar glo met 'n besemstok oor die kop en lyf geslaan.

Sy het Saterdagnag in die Engela-distrikshospitaal aan haar wonde beswyk.

Die man is in hegtenis geneem.

Saterdag om 15:00 is 'n agtjarige meisie in die Engoyi-nedersetting glo deur 'n 21-jarige man verkrag.

Die slagoffer en nog kinders is glo sonder toesig in 'n huis gelaat toe die voorval plaasgevind het.

Die man is in hegtenis geneem.



GESLAGSGEWELD

'n Vrou (39) is na bewering deur haar kêrel aangerand en verkrag.

Dié voorval het glo Vrydag om 22:00 op Mariental in die Oshiwanapenduka Aimablaagte-nedersetting plaasgevind.

Die verdagte (25) en die slagoffer was glo 'n maand lank in 'n verhouding. Die man is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Vermeende gemsbokstroper gewond

8th of July 16:59 | Misdaad

'n Vermeende gemsbokstroper is Donderdag op 'n plaas in die Omaruru-distrik in die been gewond. Volgens die Namibiese polisie is 'n 49-jarige man omstreeks 17:00...

Kolonel, onderwyser vas oor wild

47 minute gelede | Misdaad

'n Weermagkolonel (51) van die Otavi-weermagbasis en 'n onderwyser is vanoggend omstreeks 01:00 met twee duikers, twee hase, twee springhase en een wildsbok by...

Leerlingdokters, -tandartse by staatshospitale uitgeplaas

1 uur gelede | Gesondheid

’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale dwarsoor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin. Die leerlingdokters sal...

Hof: Minister skuldig aan korrupsie

16 ure gelede | Howe

In 'n geskiedkundige eerste vir Namibië is me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind...

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

16 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

16 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

16 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...