Nu00f3g toeriste op grondpaaie beroof
Nu00f3g toeriste op grondpaaie beroof

Nóg toeriste op grondpaaie beroof

Henriette Lamprecht
Twee toeriste is Sondag onderweg na Sossusvlei deur ‘n groep mans van die pad afgedwing. Volgens hoofinspekteur Daniel Gurirab van die Namibiese polisie in die Erongostreek, was die Duitse egpaar in ‘n huurmotor van Walvisbaai na Sossusvlei onderweg, toe ‘n swart sedanvoertuig hul verbygesteek en hul voertuig geblok het.
“Een van die mans het uitgeklim en voorgegee hy soek petrol. Twee ander mans het met ‘n byl en ‘n bofbalkolf uitgespring en die voertuig se venster stukkend geslaan en die agterband stukkend gesny,” het Gurirab gesê.
Die egpaar kon daarin slaag om ten spyte van die pap wiel weg te jaag. Hulle het die saak by die polisiekantoor op Swakopmund aangemeld.
Vroeër die week is twee vroulike toeriste ook onderweg van Uis na Spitzkoppe beroof. Die Poolse burgers is deur ‘n silwer sedanvoertuig van die pad gedwing en van onder meer N$7 000 in kontant beroof. Niemand is nog in verband met die twee voorvalle in hegtenis geneem nie. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!