Nóg ’n weesollie gered

Terwyl ’n olifantbul vakansiegangers aan die kus op Oukersdag verras het, het Okutala Etosha Lodge hul eie olifantreddingsdrama beleef.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Nóg ’n weesolifantjie is van ’n gewisse dood gered toe sy ma in die Hoanibrivier omgekom het.

Okutala Etosha Lodge het tot die agt maande oue bulkalfie se redding gekom toe sy 50-jarige ma dood is en hy wees agtergelaat is.

“Hy sou beslis van honger en dors omgekom het of deur roofdiere gevang word,” het die lodge se videovervaardiger, Caleb Cindano, aan Republikein gesê.

“Ons het op 23 Desember ’n oproep van ’n beampte van die ministerie van die omgewing en toerisme ontvang dat ’n olifantkoei met ’n kalf in die Hoanibrivier in die Noordweste besig is om dood te gaan,” sê Cindano.

Terwyl ’n rondloperolifantbul vakansiegangers aan die kus op Oukersdag verras het, moes dié lodge swoeg on die reddingsoperasie te beplan.

VEILIGE HAWE

Okutala Etosha Lodge, sowat 40 km van die Etosha Nasionale Park se Andersson-hek, is ’n veilige hawe vir weesdiere – wild én mak. Verlede jaar is vier weesolifante op die lodge vrygelaat.

Die lodge is ook die astrante driejarige olifantversie, Frida, en haar beste tjom, die eenjarige skaap, Amor, se tuiste.

Frida is van die Puros-omgewing in die Noordweste, waar haar ma aan natuurlike oorsake dood is en sy wees gelaat is.

Die lodge se buurman het Amor geskenk om Frida geselskap te hou sodat sy nie van eensaamheid omkom nie.

REDDINGSOPERASIE

Die lodge se veearts, dr. Simone Herzog, hul hoofbestuurder, Riaan van Zyl, Cindano, en die toergids PJ Breytenbach het omstreeks 11:00 op Oukersdag die lang pad na die Hoanibrivier met twee bakkies aangepak.

Dit was reëntyd in die Noordweste met verskeie riviere wat in vloed was.

“Ons moes op pad nog verskeie voertuie uittrek wat in die riviere vasgesit het,” vertel Van Zyl.

In die Hoanibrivier is hulle deur ’n hartseer toneel begroet. Die verwese olifantbulletjie het honger en dors by sy ma rondgedrentel, wat intussen gesterf het.

Volgens Herzog was die koei ouer as 50 en het sy reeds geboorte aan vier olifantkalfies geskenk. Dié matriarg is vermoedelik aan natuurlike oorsake dood.

Die veearts het dadelik vir die wesie suikerwater gegee om hom te versterk.

Hy is Goliath gedoop omdat sy pa glo die grootste woestynaangepaste olifantbul in die omgewing is.

Herzog het hom ’n kalmeermiddel ingespuit en die hele 600 km terug na Okutala Lodge saam met hom agterop die bakkie gesit om na sy welstand om te sien.

Kersdag het die reddingspan omstreeks 03:30 op die lodge aangekom. Goliath het nie op hom laat wag nie en wou dadelik ’n bottel melk hê.

Herzog het by hom in die rehabilitasiekamp geslaap en sê die kalfie het ’n gesonde eetlus.

NUUSKIERIG

Intussen het Frida en Amor, wat sedert Augustus 2019 in die rehabilitasiekamp langsaan bly, nuuskierig oor hul nuwe besoeker geraak.

Amor het deur hul kampheining gespring om Goliath welkom te heet. Hy het met sy slurpie teruggegroet.

Republikein was op 3 Januarie op die lodge met Goliath, Frida en Amor se eerste ontmoeting.

Herzog het vir hulle voer op verskillende plekke in een kamp neergesit sodat hulle nie koppe (of hul groot voete) oor kos hoef te stamp nie.

Goliath se bottel melk is ook gereed gehou.

Die ontmoeting het vreedsaam verloop met Frida lyk of sy haar lyf ousus vir Goliath probeer hou.

Amor is die vredeliewende bemiddelaar.

Die veearts sal Goliath mettertyd meer saam met Frida en Amor laat loop.

Sy sal die nuwe driemanskap monitor voor hulle later in een kamp saam sal bly.

“Die hoofdoel is om oor sowat vyf jaar die twee flapore weer in die gebied van woestynaangepaste olifante vry te laat, waar hulle vandaan kom,” sê Cindano.

Dié besluit sal in oorleg met die ministerie van die omgewing en toerisme gedoen word.

Die tweede opsie is om die twee later op Okutala Etosha Lodge saam met die ander vrygelate olifante te laat loop.

Intussen heers ’n mooi nuwe vriendskapsband tussen twee weesolifante en ’n skaap.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%