Nóg ‘n vrou glo in haar huis vermoor

06 September 2019 | Howe
Die vermeende moordenaar, mnr.
Phillipus Haihambo (54), bly in
aanhouding ná sy eerste verskyning
in die landdroshof op Walvisbaai.
Haihambo is aangekla van moord
wat saam met die bepalings van
die wet op die bekamping van
huishoudelike
geweld gelees
word.
Hy het sy meisie, me. Hanguwo
Mwateuvi (36), na bewering
vermoor.
Die paartjie het ten tyde van
haar dood glo saamgewoon.
Volgens adj.komm. Erastus
Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke
in die Erongostreek,
is Mwateuvi Sondag omstreeks
18:30 buite die paartjie se
sinkhuis in Kuisebmond vermoor.
“Hy het haar na bewering in die
nek gesteek en sy het onmiddellik
gesterf. Dit is nog nie bekend
waarom Haihambo dit gedoen het
nie. Hy is dadelik ná die moord in
hegtenis geneem,” het Iikuyu gesê.
Tydens Haihambo se hofverskyning
het die aanklaer, me. Maggy Shinyagaya,
borgtog weens die erns van die misdaad
teengestaan.
“Dit is ook nie in die beste belang van
die gereg of die uitvoer van geregtigheid
om borgtog aan die verdagte toe
te staan nie,” het Shinyagaya gesê.
Haihambo het aangedui hy gaan by
die staat aansoek om regshulp doen
om hom in verdere hofverskynings
te verteenwoordig.
Landdros Rhivermo Williams het
borgtog geweier en die saak vir verdere
ondersoek tot 30 Oktober uitgestel.
Haihambo het die reg om ’n formele
borgtogaansoek met sy volgende
verskyning
te bring.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

2 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

14 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

14 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

14 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...