Nu00f3g u2019n slot-skok vir Bokke voor Leeus-reeks
Nu00f3g u2019n slot-skok vir Bokke voor Leeus-reeks

Nóg ’n slot-skok vir Bokke voor Leeus-reeks

Rugby
Cobus Claassen – Nou is Eben Etzebeth ook op die Springbok-krukkelys!
Midde-in die onsekerheid oor die slotte Lood de Jager en RG Snyman se beskikbaarheid om later die seisoen teen die Britse en Ierse Leeus uit te draf, is daar nou ook kommer oor dié Kaapse yster.
Die Bok se Franse klub, Toulon, het in ’n verklaring aangekondig dat Etzebeth verlede week gedurende ’n oefening ’n vinger gebreek het en “verskeie weke” buite aksie sal wees nadat hy ’n operasie ondergaan het.
Dit is bykomende slegte nuus vir die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, wat voor dié verwikkeling sekerlik diep beswaard moes gewees het oor De Jager en Snyman se beserings.
De Jager, wat in 2019 se Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland saam met Etzebeth die beginslotpaar was, het onlangs in ’n oefening van die Sale Sharks sy been gebreek en ’n knieskyf beseer.
Snyman het in Augustus verlede jaar ’n langtermyn-kniebesering opgedoen toe hy sy buiging vir Munster gemaak het. Hy het sedertdien nog nie tot die speelveld teruggekeer nie.
Albei is gewikkel in ’n stryd teen tyd om fiks en skerp te wees voordat die wêreldkampioen se finale voorbereiding in Junie begin om die Leeus aan te durf.
Daar is aanvanklik verwag dat Etzebeth se besering hom sowat ’n maand langs die kantlyn kan hou, maar daar word gevrees dat die “veteraan” van 85 toetse selfs langer op die herstelpad gaan wees.
Geen ander rugbyland het soveel diepte in die posisie nie, maar sonder Etzebeth en De Jager, en dalk ook Snyman, sal die Bokke gewis kwesbaar teen die Leeus wees.
Slotte soos Marvin Orie, Jason Jenkins, Ruan Nortjé of JD Schickerling, wat tussen hulle net vier toetse se ervaring het, sal dan noodgedwonge betrek moet word.
Die voorste spelers in die Verenigde Koninkryk en Ierland het sedert die spel verlede jaar weens die Covid-19-pandemie onderbreek is, twee Sesnasies-kompetisies agter die blad, terwyl die Springbokke nog nie weer ’n toets gespeel het ná die Wêreldbeker-eindstryd in Japan nie.
Die gereedheid van veral die Bok-agttal sal Nienaber onrustig stem.
Benewens die dreigende slot-krisis het die strydros-stut Tendai Mtawarira sy stewels weggepak.
Die Bok-kaptein, Siya Kolisi, was verlede seisoen in die Curriebeker-kompetisie nie naby aan sy beste nie en Pieter-Steph du Toit het eers onlangs weer begin oefen ná die ernstige beenbesering waarmee hy gesukkel het.
Duane Vermeulen het ná die Curriebeker-reeks ’n knieoperasie gehad, maar hy sal op sy pos wees wanneer die Leeus aan die einde van Junie voet aan wal sit.
Dit sal wel nie ideaal wees as Vermeulen se voorbereiding in die komende Reënboogbeker-kompetisie weens Covid-19 tot plaaslike derbies teen die Leeus, Stormers en Haaie beperk word nie.
– Netwerk24


FOTO
Die Springbok-slotte Franco Mostert, Lood de Jager, RG Snyman en Eben Etzebeth pronk met die Webb Ellis-beker ná die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland. Net Mostert is tans nie beseer nie. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 196.10/OZ UP +0.24% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 86.36/BBP DOWN -0.0003 | Platinum US$ 892.91/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 196.10/OZ UP +0.24% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 86.36/BBP DOWN -0.0003 | Platinum US$ 892.91/OZ DOWN -0.0022