Nu00f3g 'n kredietklap vir Nam
Nu00f3g 'n kredietklap vir Nam

Nóg 'n kredietklap vir Nam

Fitch sê voortdurende ­reddingsgordels aan verlies­makende SOE's bly druk op die regering plaas.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Staatsondernemings se totale skuld van bykans N$45 miljard en die regering wat vir amper N$3 miljard hiervan borg geteken het, is van die knelpunte in 'n verslag waarin Fitch Ratings sy vooruitsig vir Namibië se rommelstatus van stabiel na negatief verlaag het.

Fitch, soos Moody's, het die regering se skuld in buitelandse geldeenhede reeds in 2017 in die rommelblik gedruk. Namibië se Fitch-gradering van BB+ beteken die regering se kredietwaardigheid word as “spekulatief” bestempel.

In gister se verslag sê Fitch ­voortdurende reddingsgordels aan verliesmakende SOE's bly druk op die regering plaas. SOE's se hoë skuld is 'n las vir die regering, sê die internasionale kredietgradeerder.

Volgens Fitch het SOE's se totale skuldlas teen die einde van die 2017-'18-boekjaar 25% van Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) beloop.

Die halfjaar-begrotingshersiening wat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, in Oktober ter tafel gelê het, gee die BBP vir dié boekjaar as bykans N$178,7 miljard aan. 'n Kwart hiervan is ongeveer N$45 miljard. Volgens Fitch het die regering sowat 6% hiervan gewaarborg.

SOE's soos Air Namibia en TransNamib benodig dalk herstrukturering, sê die gradeerder.

Fitch het gister ook die salarisrol van die staatsdiens, swak eksamenuitslae, stygende werkloosheid en “buitengewone hoë” ongelykheid uitgesonder.



Ekonomie

Fitch sê die bleker vooruitsig weerspieël Namibië se swak ekonomiese groei. Die gradeerder het ook sy ekonomiese groeivooruitsigte vir die land verlaag en sê dit voorspel niks goed vir die regering se vermoë om sy stygende skuldlas te stabiliseer nie.

Fitch verwag Namibië se ekonomie het verlede jaar met -0,4% gegroei – minder as die minister van ­finansies en die Bank of Namibia (BoN) se ­voorspelling van -0,2%. Vir vanjaar het Fitch sy groeivooruitskatting van 1,8% na 0,7% verlaag.

Die regering beplan om sy begrotingskonsolidering geleidelik voort te sit, sê Fitch. Die gradeerder deel egter nie die regering se optimisme oor die vrugte wat dit gaan afwerp nie. Waar die halfjaar-begrotingshersiening 'n begrotingstekort van 2,3% van BBP in 2020-'21 teiken, verwag Fitch een van 4,1%. Die regering meen sy skuld sal dan 45% van BBP beloop, maar Fitch voorspel 49,5%.

Die verslag verwys ook na die nasionale­ grondkonferensie verlede jaar.

“Fitch verwag die owerhede sal die landgrypproses só bestuur dat ontwrigting van die ekonomie voorkom word,” lui dit.

Die proses sal waarskynlik uitgestrek wees. Dít kan egter die regulatoriese onsekerheid vererger wat spruit uit die voortslepende uitbreiding van die Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk (NEEEF). “Beleidsonsekerheid kan die vertroue van die private sektor en beleggings demp,” waarsku Fitch.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%