Nóg ’n kind in verkragting-nagmerrie
Die Popular Democratic Movement se vroueliga is bekommerd oor ligte strawwe vir verkragters.
Francoise Steynberg - Terwyl die amptelike opposisie se vroueliga hul kommer oor ligte strawwe vir verkragters uitgespreek het, het die polisie bekend gemaak die afgelope naweek het nóg verkragtings opgelewer.
Een slagoffer was 'n vierjarige meisie en die ander een 'n 40-jarige vrou.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die slapende meisie se ouma haar Vrydag omstreeks 18:00 in ’n huis in die Uudhiya-nedersetting naby Omuthiya agtergelaat terwyl sy gaan hout soek het.
"’n Man(18) het glo by die huis ingesluip en die meisie anaal verkrag."
Die verdagte is in hegtenis geneem.
’n Vrou(40) is Vrydag omstreeks 22:00 in die Onamulunga-nedersetting naby Oniipa glo in haar huis deur 'n 36-jarige man verkrag.
’n Verdagte is in hegtenis geneem.
Vroueliga
Intussen het die PDMWL in 'n mediaverklaring hul kommer oor die strawwe vir verkragters in die land te veel “meegevoel” toon gegewe die skade wat verkragting slagoffers en die hele samelewing berokken.
"Die land se regstelsel moet veral verkragtings onder oë neem, want dit is 'n ernstige misdaad wat van die swaarste vonnisopleggings verdien," sê die sekretaris-generaal van die PDMWL, me. Loide Iipinge.
"Die erns van die skade wat slagoffers ly, moet in ag geneem word – in die meeste gevalle behels dit lewenslange skade, terwyl die oortreders met ligte boetes wegkom."
Iipinge sê ligte vonnisopleggins moedig oortreders aan om voort te gaan om hierdie verskriklike daad te pleeg, wetend hulle sal nie swaar gestraf word nie.
"Die PDMWL doen 'n beroep op die Namibiese samelewing, die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn en alle belanghebbendes om aan bewusmakingsprogramme en -veldtogte deel te neem om potensiële slagoffers te waarsku om waaksaam te wees," sê Iipinge.
"Onlangse gevalle waar jong meisies deur volwasse familielede in wie se sorg hulle was, verkrag is, is skokkend en moet 'n waarskuwing aan alle ouers en hul voogde wees om in die toekoms beter na hul kinders om te sien."
Die PDMWL het die Namibiese polisie vir hul onwrikbare ondersoeke en die flinke inhegtenisneming van oortreders geloof.
"Ons moedig hulle aan om so voort te gaan, terwyl ons swaarder strawwe vir oortreders bepleit."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie