Nóg 'n boggelrugwalvis spoel uit

Toenemende kompetisie vir hulpbronne kan dalk verklaar waarom soveel boggelrugwalvisse aan die Namibiese kus uitspoel.
Henriette Lamprecht
Otis Finck - Spanne van die Namibiese Dolfynprojek (NDP) op Walvisbaai, sowel as Lüderitz Mariene-navorsing (LMR) moes die afgelope week bontstaan toe die karkasse van vier boggelrugwalvisse langs die kus gevind is.

Dit lyk of die uitgeteerde toestand van die eerste walvis wat by Paaltjies gevind is, die hipotese van alge­gifstowwe weerlê. ­

Potensieel giftige alge is vroeër verlede maand naby Lüderitz gevind.

“Die hoë aantal boggelrugwalvisse wat die afgelope twee maande gestrand gevind is, is baie ongewoon vir dié tyd van die jaar. Geen duidelike oorsaak hiervoor is nog bekend nie. Ons het tans nie enige inligting uit Suider-Afrika nie, maar die Namibiese Dolfynprojek (NDP) is in kontak met die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in Lüderitz en Suid-Afrika se departement van omgewingsake om te verseker dat ons al die inligting versamel wat ons kan,” sê dr. Simon Elwen van die NDP.

Elwen het na 'n soortgelyke voorval verwys wat in 2010 aan die kusgebiede van Suid-Amerika en Australië plaasgevind het en wat hoofsaaklik met wanvoeding verband gehou het.

Volgens hom word die bevolking boggelrugwalvisse langs die kus van Wes-Afrika oor die algemeen as groot en gesond beskou en groei die bevolking jaarliks tussen 7 en 10%.

“Dit het moontlik gelei tot toenemende kompetisie vir hulpbronne binne en tussen spesies wat op alle vlakke van die ekosisteem geraak word deur die uitwerking van klimaatsverandering, asook die uitput van bronne deur vissers.”

Afgesien van die twee dooie boggelrugwalvisse wat op 26 en 29 Maart by Paaltjies ontdek is en nóg twee vroeër by Oranjemund, is berigte ook ontvang oor 'n dooie Heaviside-dolfyn en 'n leerskilpad wat op 24 Maart tussen Windpomp 14 en Swakopmund ontdek is.

Op 28 Maart is 'n vroulike Risso's-dolfyn in nood suksesvol deur LMR in die omtrek van die Lüderitz-­hawe gered.

Volgens dr. Jean Paul Roux, 'n mariene bioloog in die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, is dié dolfyn gesond. Die Risso's-spesie is uiters skaars in Namibiese waters en die dolfyn kan 'n gewig van 300 tot 500 kg bereik.

“Ons strandingspan het die plek besoek waar die eerste boggelrugwalvis op 26 Maart by Paaltjies ontdek is. 'n Reeks standaardmetings en monsters is vir verdere ontleding geneem. Dit was 'n manlike boggelrugwalvis van 15,3 meter en was ongelukkig reeds erg ontbind. Laasgenoemde kan beteken dat dit reeds verskeie dae vantevore in die see gesterf het. 'n Velmonster is geneem om in langtermyn-databasisse en -vergelykings opgeneem te word. Geen doodsoorsaak of tekens van menslike ingryping was sigbaar nie. Die tweede boggelrugwalvis is in dieselfde omgewing gevind en was kleiner,” het Elwen verduidelik.

Leerskilpaaie is wêreldwyd 'n bedreigde spesie, en min is oor die ontwykende skilpadreuse in Namibië bekend.

Hoewel walvisse die afgelope paar jaar in een of ander stadium in al die maande van die jaar gesien is, is die uitspoel van visse dié tyd van die jaar gewoonlik skaars.

Boggelrugwalvisse is die mees algemene groot walvisspesie aan die Namibiese kus en word gewoonlik van Junie tot Oktober gesien wanneer dit noord- en suidwaarts van die suidelike oseaan se voerplekke na broeiplekke in die tropiese waters van Angola en Wes-Afrika beweeg.

“Sommige walvisse bly egter tot diep in die somer aan die weskus van suidelike Afrika waar hulle in die ryk waters van die Benguela-ekosisteem wei. Dit lei tot 'n bykomende styging in getalle in die somer. Dié walvisse is daarvoor bekend dat dit 'supergroepe' van 10 tot honderde diere vorm. Geen 'supergroepe' is egter al in Namibië gesien nie,” het Elwen gesê.

Die NDP raai mense wat op 'n lewende, gestrande walvis of dolfyn afkom, aan om nie aan die dier te raak nie, maar om dit eerder met 'n handdoek of kombers te bedek om sonbrand te voorkom en die dier met vars- of seewater nat te hou.

Die spuitgat (een of twee gate bo-op die kop, bekend as die dier se “neusgate”) moet egter oopgehou word. Geraas moet ook tot 'n minimum beperk word, terwyl skares of groepe mense van die diere weggehou word.

Die NDP samel inligting oor dooie, gestrande walvisse, dolfyne en skilpaaie in.

Indien iemand 'n gestrande karkas op die strand kry, kan die Marine Strandings Network by 081 687 6461 of by [email protected] gekontak word.

Meer inligting is op http://www.namibiandolphinproject.com/ beskikbaar.

Belangrike inligting is waar die karkas gevind is, sowel as die lengte en toestand (vars, effens ontbind, erg ontbind of geraamte) van die karkas.

Dit is ook belangrik om foto's uit verskeie hoeke te neem en naby-foto's van die kop, vinne en stert in te sluit.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035