Nóg 'n baba sterf in ongeluk

13 August 2018 | Ongelukke
Francoise Steynberg - Namibië het 'n swart naweek op die paaie gehad met altesaam 13 mense wat in vier afsonderlike ongelukke gesterf het.

Volgens die Namibiese polisie se misdaad verslag het nóg 'n baba die naweek in 'n ongeluk gesterf.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 07:00 tussen Gobabis en Windhoek gebeur.

"Dit word beweer dat 'n sedanvoertuig met 'n 27-jarige bestuurder, vier volwassenes en twee babas se linkeragterband gebars het toe hulle vanaf Windhoek na Gobabis onderweg was. Die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het," sê die polisie.

Een babameisie het op die toneel gesterf terwyl die ander insittendes met beserings in die Gobabis-staatshospitaal behandel is.

Die oorledene is die eenjarige Ester Angula.

Die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

18 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

18 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

18 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

18 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

18 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

18 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

18 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...