Nóg kans vir voorvaderlike grondregte

Openbare vergaderings landswyd

24 July 2019 | Regering
Augetto Graig - Skriftelike insette oor voorvaderlike grondregte kan nog tot 9 Augustus 2019 ingedien word.

Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Engel Nawatiseb, sê die sperdatum is uitgestel nadat die presidensiële kommissie van ondersoek tot voorvaderlike grondregte sowat 85 skriftelike insette tussen 20 Mei en 21 Junie ontvang het. Hy sê sekere groepe het vir die uitstel van die sperdatum gevra om hul insette te kan voltooi.

Intussen is die kommissie besig met landswye besoeke aan dorpe en nedersettings om openbare vergaderings te hou waar burgers mondelings hul bydrae kan lewer. Volgens Nawatiseb is die doel van die kommissie se werk om die omvang van voorvaderlike grondregte vas te stel en te bepaal.

“Dit is belangrik om eers voorvaderlike grondregte vas te stel, waar hulle mag voorkom, en daarna te bepaal, voor daar nog aan 'n vergoedingsmeganisme gedink kan word,” sê hy.

“Dit is op hierdie stadium buitensporig om van vergoeding te praat,” sê hy.

"Grond is 'n ingewikkelde kwessie, gegewe die feit dat die meerderheid daarvan in private hande en die private eiendom van private burgers van Namibië is, en selfs van buitelandse eienaars. Hierdie eiendomsregte is gewaarborg deur die Namibiese grondwet," sê Nawatiseb.

"Die regering is bewus dat die kwessie van voorvaderlike grond beslis 'n invloed op bestaande eiendomsregte van sommige burgers en buitelandse eienaars mag hê. Dit is waarom die benadering sensitief en binne die grondwetlike en geregtelike raamwerk moet wees,” sê hy.

Hy sê dit is vanselfsprekend dat buiten van die wie eise tot voorvaderlike grond mag hê, nie baie Namibiërs weet wat voorvaderlike grondregte is of wat die behels nie.

“Dit is ook belangrik om vooruit te kyk en daarop te let dat vergoeding nie noodwendig die uitvoerbare regstelling kan wees vir diegene wie se voorvaderlike regte deur die kommissie bevestig mag word nie,” sê hy.

“Dit beteken egter nie hul voorvaderlike grondregte kan of moet nie bevestig word nie,” sê hy.

Die kommissie het reeds kenners aangestel om navorsing te doen en die geskiedkundige en wetlike agtergrond van grondonteiening in Namibië vas te stel. Nawatiseb sê die gemeenskappe wie se grond gedurende die Duitse koloniale tydperk en die apartheidsregime van Suid Afrika in Namibië onteien is, die beste oor hul eise kan sê.

“Dit is waarom die president aangedring het dat die kommissie openbare vergaderings moet hou, veral in gebiede waar die meeste Namibiërs wat onder koloniale wetgewing grond so verloor het, verskuif is,” sê hy.

VERGADERINGS

Vandeesweek het openbare vergaderinge voortgeduur met die kommissie op Karasburg in die Westerkim-gemeenskapsaal Maandag en Dinsdag by die nedersettingskantoor se raadsaal op Noordoewer. Die vergaderings het reeds op 1 Julie begin en is veronderstel om alle streke in die land voor 7 Augustus te bereik.

Woensdag is die vergadering in die //Kharasstreek op Aroab, Donderdag op Vaalgras en Vrydag by die Berseba-gemeenskapsaal.

Volgende week besoek die kommissie vir Bethanie, Lüderitz, Oranjemund en Tseiblaagte op Keetmanshoop. In die Omusatistreek het die vergaderings vandeesweek reeds op Onandjamba begin, Dinsdag op Outapi en Woensdag by die Ongandjera-gemeenskapsaal. Donderdag is die vergaderings op Ogongo en Vrydag op Ruacana. Ook in die Otjozondjupa treek was die kommissie se vergaderings Maandag op Kalkfeld, Dinsdag op Okakarara en Woensdag is hulle by die Omulunga-saal op Grootfontein. Donderdag besoek hulle die Okotjoruu-kindertuin, Vrydag die Okakarara-handelskousaal, en volgende Maandag is hulle op Okahandja.

Volgende week sal die kommissie ook die Kunenestreek besoek, Maandag by Okanguati, Dinsdag op Opuwo, Woensdag op Etanga, Donderdag by Otwanii, Vrydag Bergsig en Saterdag op Sesfontein.

Volgende maand besoek hulle op Maandag 5 Augustus vir Kamanjab, Dinsdag 6 Augustus vir Khorixas en Outjo op Woensdag, 7 Augustus.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

11 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

11 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

11 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

11 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

11 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

11 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

11 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

11 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...