Nóg informele huise brand in Kuisebmond af
Verskeie brande in en om Walvisbaai het onlangs heelwat skade aangerig en baie mense haweloos gelaat.
Otis Finck - Altesaam 17 informele wonings is vernietig en tussen 35 en 50 mense is haweloos gelaat nadat ‘n brand Maandag in Kristiaan Sandstraat in die Tutaleni- informele nedersetting by Kuisebmond uitgebreek het.
Erongo se adjunkkommissaris, Erastus Iikuyu, sê die brand het tussen 08:30 en 10:00 uitgebreek.
“Die eienaar van die woning, waar ons vermoed die brand begin het, was by die werk. Twee kinders, onderskeidelik drie jaar en een jaar en ses maande oud, was in die sorg van hul pa toe die brand uitgebreek het. Hulle het ongedeerd ontsnap, maar erge skade is aan eiendomme aangerig. Die ondersoek duur voort,” het Iikuyu gesê.
Walvisbaai se brandweerhoof, mnr. Dennis Basson, het bevestig dat 40 wonings sedert die begin van die jaar in Kuisebmond deur brande in puin gelê is.
“Pogings om die brand te blus is deur beskadigde en stukkende brandkrane in die omgewing belemmer,” het Basson gesê.
Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om eienaarskap van brandblustoerusting in hul omgewing te neem.
“Dit is ’n kriminele oortreding om die bostukke van brandkrane te verwyder en dit as skrootmetaal te verkoop,” het hy gesê.
Basson sê die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en het daarop gewys dat mense verseg om inligting te verskaf uit vrees dat hulle geviktimiseer sal word.
Brande het die naweek ook in Walvisbaai verwoesting gesaai.
‘n Brand het Saterdag ‘n padskraper heeltemal vernietig. Die operateur het gelukkig sonder beserings aan die vlamme ontsnap.
Namibia Airports Company (NAC) se kommunikasiebestuurder, Nankelo Katjiuongua, het ook bevestig dat ‘n stoorruimte by die Internasionale Lughawe Walvisbaai Sondag omstreeks 16:50 aan die brand geraak het.
“Die lughawebestuurder het laat weet dat hulle rook uit die stoorplek sien kom het en dat ‘n klein ontploffing daarna gevolg het. Daar was geen ongevalle nie en vlugte is nie onderbreek nie. Geen vuilspel of moedswillige optrede word vermoed nie,” het Katjiuongua gesê.
‘n Brand by 40 Amitiststraat in Tutaleni het Sondag 17 informele huise verwoes en ongeveer 30 mense haweloos gelaat.
Die DTA se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, het die toneel besoek en voorgestel dat ‘n tydelike munisipale regulasie aanvaar word om die aantal huisies wat op ‘n eiendom opgerig word, te beperk.
Volgens inligting wat deur die Erongo- landelike kiesafdeling op Walvisbaai verskaf is, het brande tussen 18 November 2016 en 14 Januarie 2017 altesaam 141 informele wonings vernietig. Meer as 300 mense, waaronder 48 kinders, is haweloos gelaat.
Tussen Januarie en 21 Mei vanjaar het meer as 30 informele wonings afgebrand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie