Nu00f3g een sterf, meer gevalle in Windhoek
Nu00f3g een sterf, meer gevalle in Windhoek

Nóg een sterf, meer gevalle in Windhoek

Ronelle Rademeyer
Hoofredaksie



Buiten 'n styging in die getal mense in Windhoek wat positief getoets het vir Covid-19, is daar ook al meer mense wat die virussiekte opdoen sonder dat hulle gereis het, of in kontak was met mense wat opgetekende gevalle is.

Van die 88 nuwe gevalle wat gister deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, bekend gemaak is, is vyf mense van Windhoek afkomstig. Drie van hulle het geen reisgeskiedenis nie en was ook nie in kontak met mense wat positief getoets het nie.

Die nuutste byvoegings bring die totaal in Windhoek en omtrekke tot 70 te staan.

Die totale getal gevalle in die land het gister tot 1 775 gestyg, terwyl nog 'n sterfte op Walvisbaai aangemeld is. Die oorledene is 'n 47-jarige man wat gesondheidsprobleme gehad het.

Hy is op 21 Julie in die staatshospitaal op die kusdorp opgeneem.

Toe sy toetsuitslag op 23 Julie positief wys, is hy na die intensiewesorgeenheid van die Welwitschia private hospitaal oorgeplaas waar hy kort daarna dood is.

Intussen het die nasionale uitsaaier (NBC) gister bekend gemaak dele van sy hoofkantoor in Windhoek is tydelik gesluit omdat een van sy werknemers positief getoets het.

Die direkteur-generaal, mnr. Stanley Similo, het gesê die nuuskantore is reeds in ooreenstemming met die voorgeskrewe gesondheidsregulasies ontsmet.

Similo sê hy is in kontak met die gesondheidsowerheid wat besig is om al die mense met wie die betrokke werkgewer in kontak was, op te spoor.

Hy sê gesien die NBC se belangrike taak in die verspreiding van nuus met betrekking tot die Covid-19-pandemie, word werkverrigtinge met groot versigtigheid voortgesit.



ANDER GEVALLE

Uit die 88 nuwe gevalle is daar benewens die vyf in Windhoek, 62 gevalle op Walvisbaai, 19 op Swakopmund, een op Keetmanshoop en een op Mariental aangemeld. Uit die 88 is 59 mans en 29 vroue. Hul ouderdomme wissel van een jaar oud tot 73 jaar oud. Een van die gevalle op Swakopmund is 'n gesondheidswerker.

Die geval op Keetmanshoop is 'n vragmotorbestuurder wat uit Suid-Afrika gereis. Die Windhoek-gevalle is as volg:

• 'n 36-jarige vrou van Khomasdal met geen reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie;

• 'n 31-jarige vrou van Okahandjapark met geen reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie;

• 'n 51-jarige vrou wat van Duitsland gereis het en in kwarantyn getoets is;

• 'n 35-jarige man in kwarantyn sonder enige simptome; en

• 'n 35-jarige man met Covid-19-simptome sonder enige kontak- of reisgeskiedenis.

Die geval op Mariental is 'n 13-jarige seun wat geen kontak- of reisgeskiedenis het nie.

Drie gevalle het herstel en wel gevalle 48, 76 en 90. Dit bring die totaal op 75 te staan. Tans is daar 1 692 aktiewe gevalle in die land, 21 806 weefselmonsters is getoets en 701 mense is in kwarantyn.



WINDHOEK

Dit blyk uit die Covid-19-verslae dat 35 van die gevalle in die Khomasstreek reisigers uit die buiteland is, of Namibiërs is wat uit die buiteland teruggekeer het. Hulle was dus in kwarantyn toe hulle getoets is.

Die ander 35 is plaaslike gevalle.

Vyf is mense wat van Walvisbaai af kom en hoofsaaklik vir mediese redes na Windhoek moes reis. Sewe gevalle is in hospitale geïdentifiseer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!