Nu00f3g 100 miljoen mense se inligting lek uit
Nu00f3g 100 miljoen mense se inligting lek uit

Nóg 100 miljoen mense se inligting lek uit

Petrus Malherbe – Nog ’n dag, nog ’n kuberaanval.

Quora, ’n webtuiste waarop gebruikers vrae kan vra wat dan deur ander beantwoord word, het in ’n verklaring bevestig hy is die jongste om onder ’n kuberaanval deur te loop.

Boewe kon die webtuiste se stelsels binnedring en is vort met 100 miljoen gebruikers se persoonlike inligting.

Dit sluit in gebruikers se name, e-posadresse en ’n gekodeerde weergawe van hul wagwoorde.

“Die oorgrote meerderheid van die inhoud wat gesteel is, was reeds openlik op Quora beskikbaar,” sê Adam D’Angelo, uitvoerende hoof, in die verklaring.

In sommige gevalle het die booswigte wel toegang tot gebruikers se rekeninge verkry en bepaalde veranderinge aangebring, soos om vrae te stel en boodskappe aan ander gebruikers te stuur.

D’Angelo het dit as “kommerwekkend” beskryf.

Miljoene mense het rekeninge op Quora, waarskynlik sonder dat hulle dit besef.

Nothing like a data breach to remind me that I have a Quora account

— Aaron Patterson (@tenderlove) December 4, 2018

Die webtuiste word baie besoek deur mense wat antwoorde op Google soek en dan sien iemand anders het die vraag reeds op Quora gevra.

Quora vereis egter dat gebruikers ’n rekening skep om die antwoorde te kan lees, wat beteken miljoene mense het so ’n rekening, maar gebruik dit waarskynlik bitter selde of het al heeltemal vergeet daarvan.

Die webtuiste het beloof hy sal al die 100 miljoen gebruikers wie se inligting gesteel is, kontak.

D’Angelo sê daar word ook nog ondersoek ingestel na presies hoe die kuberkrakers toegang tot Quora se stelsels verkry het. Die diefstal is eers Vrydag ontdek, sê hy.

Die relevante owerhede is reeds in kennis gestel.

“Dit is ons verantwoordelikheid om seker te maak dinge soos hierdie gebeur nie, en ons het daarin misluk,” sê D’Angelo.

“Ons gaan baie hard daaraan werk om ons gebruikers se vertroue terug te wen en seker te maak dit gebeur nie weer nie.”

Hoewel die gestoorde wagwoorde gekodeer was, raai D’Angelo al die gebruikers wie se inligting gesteel is aan om hul wagwoorde te verander en seker te maak hulle gebruik nie dieselfde wagwoord op verskillende webtuistes nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!