Neuaka: Nog geen aansoek om borgtog

Ondersoek nie voltooi

07 March 2018 | Howe
Maria Eiseb - Mnr. Johannes Neuaka, wat van die moord op sy gewese vriendin aangekla word, het vanoggend in die landdroshof op ­Katutura gesê hy verstaan die erns van die misdaad en hy wil nie nou aansoek om borgtog doen nie.

Neuaka word daarvan ­beskuldig dat hy me. Zya Juliet Shane ­Rittmann (“Koekie”) in ­Januarie in die hoofstad met 'n 9 mm ­Makarov-pistool in Katutura doodgeskiet het.

Tydens sy hofverskyning het die staatsaanklaer, me. Muriel van Zyl, gesê die polisieondersoek is nog nie voltooi nie, omdat ­ballistiese en laboratoriumverslae nog uitstaande is.

Van Zyl het bygevoeg die misdaad is ernstig en vereis “die tipe ondersoek wat nie binne 'n maand voltooi kan word nie”.

Van die getuies woon nie in Windhoek nie en die polisie moet ver reis om verklarings te bekom, het sy gesê.

Van Zyl het aangedui die staat sal 'n aansoek om borgtog teenstaan omdat die verdagte met die ondersoek kan inmeng of vlug.

Sy sê die staat sal aandring op voortgesette aanhouding weens die ernstige aard van die misdaad en omdat borgtog nie in die belang van geregtigheid sal wees nie.

Me. Ileni Gebhardt, wat Neuaka verteenwoordig, het tydens die verhoor gesê die staat se reaksie sal by die volgende ­hofverskyning bepaal of Neuaka aansoek om brogtog sal doen of nie.

Neuaka sal by die Katutura-­polisiekantoor ­aangehou word, het regter ­Bernedine ­Kubersky beveel.

Die verhoor sal op 18 Mei voortgesit word.

Soortgelyk

 

Mariental-monster kry 105 jaar

3 ure gelede | Howe

Hoërhof-regter Christie Liebenberg het die 34-jarige Gerald Henly Matlata vanoggend lewenslange tronkstraf opgelê vir moord, asook 80 jaar vir bykomende klagte. Dit sluit in twee...

Tienermeisie vermis

4 ure gelede | Polisie

Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert verlede Woensdag vermis. Niita was met haar verdwyning in 'n swart broek en 'n geel t-hemp geklee. Sy is...

Nóg toeriste op grondpaaie beroof

5 ure gelede | Misdaad

Twee toeriste is Sondag onderweg na Sossusvlei deur ‘n groep mans van die pad afgedwing. Volgens hoofinspekteur Daniel Gurirab van die Namibiese polisie in...

Net ál nouer om Rooies

15 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting - ’n Maand nadat Republikein onthul het die aanklaer-generaal het gelas die oudlanddros mnr. Rooies Mostert moet vervolg word, het die Teenkorrupsiekommissie (ACC)...

Brand verwoes 9 kamers op Koedoeberg

15 ure gelede | Ongelukke

Henriette Lamprecht – Die Koedoeberg-gasteplaas se hoofgebou en wat onder meer die ontvangsarea, kombuis, kroeg en lapa gehuisves het, is Woensdagaand in ’n brand verwoes....

Weer vir 18 September 2018

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande word in die noordelike streke verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en baie warm wees,...

Ma en seun vandag weer voor hof

15 ure gelede | Howe

Denver Kisting'n Tienerseun is gistermiddag in die sorg van sy ma vrygelaat.Dít kom nadat dié 45-jarige ma gister op borgtog van N$1 500 vrygelaat is.Ma...

Man van halfmiljoen se items beroof

15 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause Vyf gewapende mans het 'n man by sy huis in die hoofstad beroof en met items ter waarde van 'n halfmiljoen Namibiese dollar...

Walvis vrek ná reddingspoging

15 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - ’n Gestrande jong Antarktiese minkewalvis (Balaenoptera bonaerensis) is verlede Woensdag in Grosse Bucht by Lüderitz ontdek.Dié voorval is by mnr. JP Roux,...