Netumbo by slenters betrek
Vermeende bedrieërs gebruik glo die naam van ’n politieke swaargewig wederregtelik om mense in te loop.
Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek word.
Dít het Woensdagmiddag haar adjunk, me. Christine //Hoebes, genoop om die kwessie onder lede van die Nasionale Vergadering (NV) se aandag te bring.
Volgens //Hoebes is die slenters van Facebook afkomstig. Mense het al geld verloor “en hul hoop (op finansiële bemagtiging) is vernietig”, het sy gesê.
Op 11 Mei het ’n man Nandi-Ndaitwah se kantoor ingelig hy moes bykans N$7 000 in ’n rekening deponeer.
Dié oorbetaling sou glo die weg baan vir die man om ’n projek op die been te bring ten bate van vroeë skoolverlaters.
Daar is beweer ’n Europese ontwikkelingsfonds het glo sy steun aan dié veldtog toegesê.
Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het reeds in April vanjaar ’n waarskuwing aan die publiek uitgereik om waaksaam te wees.
Daar is toe aangedui die e-posadres, waaraan korrespondensie oor die projek gerig moet word, is nóg dié van die adjunk- eerste minister nóg van die ministerie.
//Hoebes het voorts gesê ’n nuwe slenter, waaraan Nandi-Ndaitwah se naam ook gekoppel word, het intussen aan die lig gekom.
Luidens beskikbare inligting belowe die ongeïdentifiseerde vermeende bedrieër(s) hulp ten bedrae van tussen 100 000 en 150 000 Britse pond “om werksgeleenthede te skep”.
In die eerste plek, sê //Hoebes, het Nandi-Ndaitwah nie ’n Facebook-profiel nie.
Daarnaas, het die adjunkminister bygevoeg, moet lede van die publiek hulle tot die Namibiese polisie wend wanneer hulle oënskynlik deur Nandi-Ndaitwah versoek word om geld te bewillig vir “bemagtiging of ontwikkeling omdat hierdie bedrieglike bedrywighede is”.
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, het gister gesê mense moet verdagte voorvalle onmiddellik aanmeld sodat opgetree kan word.
Hy sê énigiemand kan ten prooi van misdadigers val.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie