Nettometing teen Julie vanjaar in werking
Nettometing teen Julie vanjaar in werking

Nettometing teen Julie vanjaar in werking

Wette en reëls bestaan reeds, maar NamPower en verspreiders sloer glo met die implemen­tering daarvan.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) verwag dat die netto­meting van elektrisiteit teen die einde van Junie landswyd toegepas sal word.

Dit behels dat private hernubare kragopwekkers wat krag weer aan die nasionale netwerk terugbesorg, van die einde van Junie af landswyd daarvoor vergoed sal word.

Dit, ten spyte daarvan dat die reëls vir die toepassing van ­nettometing in November 2016 reeds in die ­Staatskoerant gepubliseer is.

Dié reëls was reeds sedert Mei 2017 van toepassing.

Die implementering van netto­meting sloer al sedert die bestaan van die Elektrisiteitswet van 2007.

Volgens tegnologieverskaffers wat verskeie hernubare kragopwekking­stelsels al 'n geruime tyd aan ­Namibiërs verkoop, kos die ­vertraging van nettometing hul kliënte ­besparings en is dit moeilik om te voldoen aan ­beloftes wat met die verkoop van die stelsels gemaak is.

Volgens mnr. Dries Tredoux, van Transtech Technology, is die ­nasionale kragverspreider, Nam­Power, wat voete sleep wanneer dit by die toepassing van nettometing kom, vir dié omstandighede te blameer.

Tredoux sê sekere streeksverspreiders, soos Erongo RED, is reeds besig om krediet aan hul kliënte te gee vir krag wat privaat opwekkers na die ­nasionale kragstelsel terugvoer.

Dit is egter die uitsondering en veral plaaslike owerhede is nog nie in staat om nettometing te implementeer nie, sê hy.

NamPower sê egter dat hulle alle moontlike pogings aanwend om ­nettometing so gou moontlik te ­implementeer.

Volgens mnr. Kahenge Haulofu, NamPower se uitvoerende direkteur, is daar nog groot uitdagings met die implementering van nettometing, wat kwessies soos begroting, tegnici, ­regulering, wette, en kommersiële en ­operasionele kwessies insluit.

Hy sê daar moet nog bepaal word of BTW van toepassing is op krag wat privaat verskaffers aan ­NamPower se nasionale stelsel voorsien, en of fakture daarvoor uitgereik moet word.

Vordering is wel gemaak met die opstel van ooreenkomste wat vooraf tussen NamPower en ­netto­metingkliënte onderteken moet word, soos vereis deur die ­Namibiese verspreidings­roosterkode, sê hy.

Volgens dié kode moet NamPower ook stelselimpakstudies doen vir alle kliënte wat nettometing wil gebruik.

“Dit beteken alle aansoeke moet tegnies bestudeer word om seker te maak die stelselfunksionering strook met die roosterkode.

“Hierdie studies vereis baie tyd. Tans het NamPower besluit om die NRS 097-2-3 aan te neem, wat die ­implementering van kleiner ­aansoeke moontlik maak sonder om studies te vereis, en ook voorwaardelike ­goedkeuring aan kliënte verskaf wat studies benodig,” sê hy.

Verkeerd voltooide en ­verouderde aansoeke veroorsaak ook dat die proses vertraag word, sê hy.

“Voordat NamPower 'n kliënt ­amptelik van hul nettometing-­goedkeuring in kennis kan stel, moet die korrekte tegniese spesifikasies van die goedkeuring bepaal word. ­Verskeie aansoeke is al verkeerd voltooi.

“NamPower kontak ­aansoekers waarvan die aansoeke verkeerd voltooi is om hul inligting te ­verifieer voordat enige tegniese ­evaluering gedoen word. Dit is 'n tydsame proses,” sê hy.

Haulofu sê verder: “­NamPower vertraag nie die implementering van die projek nie. NamPower beoog om 'n goeie en doeltreffende proses te ­implementeer wat aan die ­vereistes van huidige en ­toekomstige ­aansoekers sal voldoen, terwyl dit ook aan die tegniese en ­regulatoriese ­vereistes van die elektrisiteits­voorsieningsbedryf voldoen.”

Nogtans verwag die reguleerder dat NamPower en alle Namibiese ­krag­verspreiders nettometing teen die einde van Junie sal toepas.

Volgens me. Foibe Namene, die ECB se uitvoerende hoof, word van ­verspreidingslisensiehouers verwag dat hul faktuurstelsels teen die einde van Junie 2018 nettometer­rekeninge sal insluit.

Sy sê die ECB is bewus van ­uitdagings wat verspreiders met die toepassing van nettometing ervaar en kontak die reguleerder gedurig om dié uitdagings die hoof te bied.

Die opleiding van werknemers by verspreiders duur voort, terwyl ­verskeie werksessies reeds voor Mei 2017 gehou is om die nodige inligting te deel, sê Namene.

Tredoux sê hy het al van sy kliënte aangeraai om siviele eise teen ­NamPower in te stel vir die besparings waaruit hulle tot dusver nie voordeel kon trek nie, maar wat wel volgens wet aan hulle verskuldig is.

NamPower sê egter hulle is nie bewus van sulke eise nie.

Die nasionale kragverspreier kan ook nie sê hoeveel krag tans deur privaat opwekkers na die nasionale netwerk teruggevoer word nie.

“Dit sal eers bepaal word sodra die toepaslike metingstoerusting ­geïnstalleer is,” sê Haulofu.

Volgens Namene kan die ECB die individuele kostes nie kwantifiseer nie, aangesien die ooreenkomste direk tussen die lisensiehouer en die kliënt aangegaan is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!