Netflix byna al wat voordeel trek uit Covid-19
Petrus Malherbe en Bloomberg – Terwyl verskeie ondernemings inkrimp weens die voortslepende Covid-19-pandemie, trek Netflix voordeel uit meer mense wat wêreldwyd in hul huise opgesluit is.
Netflix het sedert die naweek ’n toename van 20% gesien in die hoeveelheid tyd wat kykers op sy platform bestee besig om flieks en televisiereekse te stroom.
Verskeie lande het maatreëls ingestel wat inwoners tot hul huise beperk.
Spanje en Italië is twee van die lande wat die ergste deur die koronavirus geraak word.
In Spanje het die hoeveelheid keer wat Netflix se app afgelaai is, met 34% toegeneem; in Italië met 57%.
“Hoewel stromingsdienste nie die belangrikste item op die wêreld se agenda is nie, is dit een bedryf wat indirek deur die krisis geraak gaan word,” sê Sean Doherty, uitvoerende hoof van Wurl, ’n mediamaatskappy.
’n Woordvoerder van Showmax sê dit is nog te vroeg om te sê of dié platform die afgelope paar dae ’n skielike toename in verkeer gesien het.
Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand Suid-Afrikaners gevra om sosiale aktiwiteite te beperk en soveel tyd as moontlik by die huis deur te bring.
Anders as Italië en Spanje is Suid-Afrika nog nie in ’n staat van inperking nie.
Mediamaatskappye in Hollywood het ook begin met drastiese stappe om flieks na kykers te bring nadat die meeste rolprentteaters daar hul deure weens die virus gesluit het.
Universal Pictures het aangekondig hy stel van eerskomende Vrydag verskeie van sy jongste rolprente beskikbaar op die internet om gestroom te word.
Ander maatskappye het die uitreiking van flieks onbepaald uitgestel. Marvel het Dinsdag ook aangekondig hy gaan sy nuwe fliek, Black Widow, nou eers later vanjaar uitreik. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie