Netcare se Britse probleme rem syfers af
Netcare se Britse probleme rem syfers af

Netcare se Britse probleme rem syfers af

Hanlie Stadler - Alle oë sou Vrydag op Netcare se aandeelprys wees nadat die privatehospitaalgroep Donderdag ná die sluiting van die JSE ’n ingewikkelde handelsverklaring uitgereik het.

Netcare het in Maart aangekondig dat hy hom aan die Britse mark onttrek weens die astronomiese huur wat hy vir sy hospitale daar moet betaal. Die eienaar van die geboue was nie bereid om die langtermynkontrakte te heronderhandel nie.

In die handelsverklaring maak Netcare bekend sy aangepaste wesensverdienste per aandeel van voortgesette bedrywighede gaan onveranderd wees. Dis vir die boekjaar tot einde September vergeleke met die vorige boekjaar.

Netcare, nes sy mededinger Mediclinic, beskou dié maatstaf as die belangrikste aanwyser van hoe sy bedrywighede vaar omdat dit alle nie-bedryfsverwante, eenmalige gebeurtenisse uitsluit.

GOEIE NUUS

Nog goeie nuus is dat die groep se verdienste per aandeel na verwagting positief gaan wees op tussen 355,8c en 359,9c teenoor die verlies van 40,9c in 2017.

Die groep se kernwesensverdienste per aandeel – ’n maatstaf wat alom as ’n belangrike aanwyser van bedryfsprestasie beskou word – gaan egter met tussen 50% en 60% tot tussen 44c en 55c daal.

Kernwesensverdienste sluit in die afskrywings van Netcare se ekonomiese belang in die skuld van BMI Healthcare, sy Britse bedryfsfiliaal. Dit beloop R1,3 miljard ná belasting.

In 2017 het Netcare ’n kapitaalwins van R169 miljoen verdien op die verkoop van die grond en geboue van die ou Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad, waar ’n enorme nuwe hospitaal met dieselfde naam aan die voorstrandgebied gebou is.

Die volledige resultate word vandag uitgereik.

Dit kom nadat Mediclinic Donderdag sy halfjaarsyfers vir die ses maande tot September uitgereik het waarin hy aandui dat sy bedryfswins met 15% tot £137 miljoen gedaal het. Mediclinic se aangepaste verdienste per aandeel het met 9% tot 10,3 pennies gedaal.

Mediclinic se aandeelprys het Donderdag met meer as 5% tot R63,19 gedaal.

Netcare se aandeelprys het Donderdag ook gedaal, met 1,22% tot R24,33, maar dit weerspieël nog nie die impak van die handelsverklaring nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!