Net twee aspirantdokters slaag

Raad moet waardigheid, integriteit beskerm

14 February 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die mediese en tandheelkundige raad sê die onus rus op studente om te bewys hulle is daarop geregtig om by die raad vir internskappe te registreer.

Dit nadat net ‘n skrale 10 uit 237 buitelandse mediese en tandheelkundige studente hul evaluering om met internskappe in Namibië te kan begin, suksesvol voltooi het.

“Die onus is op elke student om deur middel van die voorgeskrewe vereistes en wat die slaag van evaluerings insluit, te wys hy of sy is geregtig op registrasie,” sê mnr. Chrispin Mafwila, assistent-registrateur.

Die raad het daarom die verantwoordelikheid om die praktyke van mediese en tandheelkundige professies te reguleer en “om die publiek te beskerm”, het Mafwila gemaan. Hy het beklemtoon die raad sal altyd “regverdig en redelik” teenoor studente optree, maar sal voortgaan om die waardigheid en die integriteit van dié beroepslui beskerm deur standaarde daar te stel wat kennis en vaardighede verseker.

Die raad het einde November verlede jaar 207 buitelandse mediese studente geëvalueer wat onder meer in China, Rusland, die Oekraïne en Suid-Afrika gegradueer het. ‘n Skrale twee studente het die evaluering suksesvol voltooi. Uit die oorblywende 205 het 42 vir ‘n aanvullende evaluering gekwalifiseer (slaag drie of meer uit die ses afdelings), 101 kwalifiseer om die hele evaluering oor te doen (slaag een of meer afdelings uit ses), terwyl 62 studente eers weer vir praktiese opleiding moes inskryf.

Ook in November het nie een van die 30 buitelandse tandheelkundige hul evaluering suksesvol voltooi nie. Vyftien het wel vir bykomende evaluering gekwalifiseer en agt het dit geslaag. Die oorblywende 22 studente moet nou eers die praktiese opleidingsprogram voltooi.

‘n Verdere vyf studente het die evaluering in Desember voltooi, geslaag en gekwalifiseer vir ‘n internskap.

In Namibië is ‘n buitelandse mediese of tandheelkundige student geregtig op drie kanse vir evaluerings per aansoek. Voorts het hulle die keuse om vir ‘n jaar lange praktiese opleidingsprogram in te skryf. Laasgenoemde is ‘n regeringsinisiatief om student te help om enige gapings in kennis en vaardighede ter voorbereiding van die raad se evaluering te oorbrug.

Die tweede ronde evaluerings sou op 21 en 22 Januarie vanjaar plaasvind. Dit is aanvanklik geskeduleer vir alle mediese studente wat nie in November suksesvol was nie en gekwalifiseer het om die hele evaluering weer te doen, mediese studente wat hul studies in Desember voltooi het, sowel as dié wat bewustelik gekies het om hul eerste evaluering dan te doen.

Vier buitelandse studente wat nie die evaluering geslaag het nie, het ‘n aansoek by die hoërhof teen die raad ingedien waarin hulle die uitslae en die vaardigheid van die evalueerders bevraagteken en vra dat die uitslae van die November-evaluering nietig verklaar word.

‘n Dringende appèlaansoek is ook op 14 Januarie deur dieselfde studente ingedien waarin gevra is dat die evaluering wat op 21 en 22 Januarie sou plaasvind, eers uitgestel word totdat die raad die appèlkomitee saamgestel het en die appèl gefinaliseer is.

Dié dringende aansoek word Vrydag (15 Februarie) aangehoor.

Ten tyde van die appèlaansoek was die raad nog besig om lede van die appèlkomitee aan te wys en dié aansoek word op 18 April aangehoor.

Volgens Mafwila het die uitvoerende komitee van raad besluit om die evaluering tot 21 en 22 Februarie vanjaar uit te stel. Alle mediese studente, ongeag of hulle aanvanklik die praktiese opleidingsprogram eers moet voltooi, kan dié eksamens aflê.

Soortgelyk

 

Verken die wildernis by Desert Rhino Camp

1 minuut gelede | Toerisme

Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp is in die rotsagtige heuwels van die Palmwag-konsessie geleë, wat 450 000 ha groot is.Hierdie streek word deur sy...

Abenteuer Afrika Safari bied onvergeetlike reise

1 minuut gelede | Toerisme

Abenteuer Afrika Safari is een van vanjaar se inskrywings vir die Volhoubare Toerisme-toekennings (RTA).Dié onderneming is in 1993 gestig en is ’n leier op die...

Huang se geld-ellende verdiep

1 minuut gelede | Howe

Yanna Smith - Te oordele aan hofdokumente is daar geen einde aan die Chinese sakeman en vermeende belastingbedrieër mnr. Jack Huang se geld-ellende nie. Ná...

Fiat 500 in the spotlight in New York

1 minuut gelede | Motors

The Fiat 500 Serie F, acquired by the famous Museum of Modern Art in New York in 2017, was seen by the general public for...

Wireless charging for electric vehicles

1 minuut gelede | Motors

WiTricity, the industry pioneer in wireless power transfer, has announced the acquisition from Qualcomm Incorporated and Qualcomm Technologies, Inc. of certain technology platform and IP...

Eskom kan SA tot rommelstatus laat tuimel

1 minuut gelede | Energie

Francois Williams – Al sou die regering ingee tot Eskom se versoek om R100 miljard van sy skuld oor te neem, sal Eskom binne 18...

Wie’s die ingenieurs wat Eskom kom ‘regruk’?

1 minuut gelede | Energie

William Horne en Elvira Wood – Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag in die parlement aangekondig dat Italië se grootste kragvoorsiener, Enel, genader...

EOH val 25% ná Microsoft ooreenkoms beëindig

1 minuut gelede | Tegnologie

Nellie Brand-Jonker – Die beleërde tegnologiegroep EOH se aandeelprys het Dinsdag met 25% geval.EOH het oor die middaguur aangekondig dat Microsoft hom in kennis gestel...

Vliegfabriek weer op lys vir skoon tegnologie

1 minuut gelede | Landbou

Francois Williams – AgriProtein, die Kaapse maatskappy wat vlieglarwes benut om kosafval tot insekproteïen te verwerk, is een van net twee maatskappye uit Afrika wat...