Net so bietjie moeg
Mariselle Stofberg – Ek wil graag hê iemand moet aan my verduidelik hoe dit moontlik is dat dit voel asof ons reeds in November is, maar dit is nou eers Maart.
My siel én my lyf is moeg, en my moeg is nou ook oormoeg.
Ons probeer sterk staan, ons koppe hoog hou en aangaan soos gewoonlik, maar daar kom ’n punt waar jy besef nou moet jy begin afskaal, anders gaan jy in groot moeilikheid beland.
Ek het hierdie week besef ek het die punt van oormoeg lankal verbygesteek.
Ek moes ’n hele paar aande laat werk en weer vroeg opstaan, want die werk raak net meer en die tyd net minder. Ek weet dit is nie moontlik vir tyd om minder te raak nie, maar dit voel asof ’n uur deesdae net uit een en ’n halwe minuut bestaan.
Jy probeer tienduisend goed op een slag doen en op tien verskillende plekke wees, maar dit werk net nie meer nie.
In plaas daarvan om te huil oor my moegheid, deel ek eerder my pyn sodat ander mense kan lag. As ek terugkyk, was die hele situasie eintlik baie snaaks, maar op daardie oomblik was lag die laaste ding van my gedagtes af.
Die probleem om moeg te wees, is dat dit jou van gesonde en normale verstand en denke beroof. Skielik is jy nie in staat om besluite te neem of keuses te maak nie. Jy wil oor alles huil, maar jy is eerlikwaar net te moeg om te huil.
Ek maak die een oggend koffie, want ek en koffie is ’n package deal. Ek sê vir myself die dag gaan goed wees en ek is sterk en ek kán dit doen.
Ek dink dit is nogal snaaks hoe ek soms vir myself so blatant kan jok.
Met die eerste slukkie koffie besef ek hier is groot fout. Iets proe lelik af. Ek weet ek is moeg, maar hoekom proe die koffie so snaaks?
Toe ek afkyk, besef ek die sogenaamde koffie wat ek ingegooi het, was eintlik cremora en die suiker wat ek ook uit ’n ander houer geskep het, was eintlik dieselfde cremorahouer.
So Mariselle het vir haarself ’n beker warm water met cremora gemaak.
Aangesien ek nie in staat is om soos ’n volwassene koffie te maak nie, dog ek ek sal maar dan probeer om corn flakes te eet.
Al wat ek moes doen was om melk in die houer te gooi om warm te maak (ja, ek maak my melk warm, so diegene wat dink dit is snaaks moet maar ’n bruggie bou en oor dit kom), die cornflakes in ’n bakkie gooi en die melk warm maak.
Ek sit die houer met melk in die mikrogolf en wag in spanning dat dit warm word.
Ná ’n rukkie begin ek iets snaaks ruik. Ek dog eers ek verbeel my, maar later besef ek iets ruik regtig anders as net melk wat warm word.
Toe ek so deur die mikrogolf se venstertjie kyk, sien ek my papbakkie draai plesierig rond met die cornflakes in en die houer met melk staan in sy volle glorie op die tafel.
Ek staan en kyk die storie so, en daar gaan ek aan die grens. Nie mooi snuif-snuif huil nie, maar behoorlike ruk-soos-jy-snik, die-wêreld-gaan-eindig grens.
Dit alles oor ’n bakkie pap en cremorawater.
Ek sit op my boude in my pajamas op die kombuisvloer en huil my hart uit. My ma kom in die kombuis in gestorm en vra wat aangaan.
Ek probeer verduidelik, maar al wat uitkom is “die cremora cornflakes is warm en my koffie staan op die tafel”.
Ek besef net daar my moeg is klaar gemoeg. Ek staan snik-snik op, vat my bakkie warm cornflakes en koue melk en loop kamer toe waar ek weer in die bed klim, Friends opsit en verder huil.
Ek voel nou beter. En geskroeide cornflakes is toe nie so sleg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie