Net 'onwettige, onbewoonde' strukture verwyder
Die Windhoekse munisipaliteit as verantwoordelike openbare entiteit sal nie voltooide en bewoonde strukture vernietig nie.
As praktyk word alle onwettige strukture wat nie bewoon word nie of wat in die proses is om opgerig te word, onmiddellik verwyder. Dié wat reeds bewoon is, vereis ‘n uitsettingsbevel van ‘n hof.
“Dit is die praktyk van die raad en daarom is daar niks spesiaal aan die oproep vir die verkryging van dienste in die verband nie,” sê die munisipaliteit in ‘n verklaring ná openbare verset oor ‘n tender om onwettige en onbewoonde strukture in die hoofstad te laat verwyder. Die munisipaliteit het intussen besluit om die tenderaanbod te laat vaar.
Volgens die munisipaliteit het dit met kommer die “daadwerklike waninterpretasie” deur sommige lede van die publiek gesien oor die advertensie vir ‘n tender om onwettige strukture op munisipale grond te verwyder.
Die munisipaliteit maan dit bly verantwoordelik vir die toekenning van grond op ‘n “ordelike en aanvaarbare manier” soos wat sy mandaat in die wet vir plaaslike owerhede vervat is. Ook het die munisipaliteit die mandaat om sy grond te beskerm om voldoende beplanning, diens en uiteindelik grond beskikbaar te stel en te versprei.
“Enige struktuur wat op munisipale grond opgerig word, is onderhewig aan die goedkeuringsproses. Strukture wat sonder die nodige prosedures opgerig is, moet ingevolge die beskikbare voorgeskrewe wette verwyder word.”
Sou die munisipaliteit daarom deur sy wetstoepassingsagentskap as deel van wetstoepassing enige onvoltooide strukture sien wat nie bewoon is nie, gaan dit die hulp van ‘n kontrakteur nodig hê om die genoemde strukture te verwyder.
Die munisipaliteit beklemtoon voorts in ‘n verklaring die teiken is net ongemagtigde, onvoltooide en onbewoonde strukture.
“Grond wat sonder meer bewoon word, is duurder om te diens as grond wat nie beset is nie.
Volgens die verklaring is die beweerde tender van N$10 miljoen en die gebruik van ‘n stootskraper, soos verkeerdelik berig, ook van alle waarheid ontbloot.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie