Net gewone griep, su00ea minister
Net gewone griep, su00ea minister

Net gewone griep, sê minister

Die H1N1-stam is deel van seisoenale entstowwe teen griep wat in Namibië beskikbaar is.
Henriette Lamprecht
Namibië ervaar tans nié 'n uitbreking van die H1N1-griepvirus nie.

Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, word ook nie meer na dié stam as varkgriep verwys nie.

“A(H1N1)pdm09 is nou 'n seisoenale griepvirus wat die afgelope nege jaar wêreldwyd, suidelike Afrika ingesluit, sirkuleer. Daar word nie meer daarna as varkgriep verwys nie, maar wel as A(H1N1)pdm09,” het hy tydens 'n mediakonferensie in Windhoek gesê.

Volgens Haufiku sirkuleer en verander griepverwante virusse met tyd. Wanneer nuwe stamme na vore kom, is daar volgens hom die waarskynlikheid van uitbrekings en pandemies.

“Wanneer die stamme oor 'n tydperk deel van die sirkulerende seisoenale griepvirusse raak, veroorsaak dit normaalweg nie meer uitbrekings en pandemies nie,” het hy verduidelik.

Die A(H1N1)pdm09-griepvirus het oorspronklik in 2009 as 'n opkomende stam na vore gekom en 'n pandemie veroorsaak, wat gevalle in Namibië ingesluit het.

Volgens Haufiku is dié stam ingesluit in die seisoenale griepentstof wat in Namibië beskikbaar is. Tot dusver is 16 laboratoriumbevestigde gevalle van H1N1 in die land aangeteken en het dit twee lewens geëis.

“Gevalle bereik tydens die winter­seisoen 'n hoogtepunt en die verwagting is nóg mense sal griep weens dié spesifieke stam kry.”

Simptome sluit 'n koors hoër as 38oC, hoes, keelseer, 'n loop- of toe neus, lyfseer, kopseer, moegheid en diarree in.

Volgens Haufiku word H1N1 hoofsaaklik deur hoes en nies of direkte kontak met 'n oppervlakte oorgedra wat in aanraking met besmette druppels was.

Hoërisikogroepe sluit kinders onder die ouderdom van vyf jaar, bejaardes ouer as 65, swanger vroue, sowel as mense met 'n verswakte immuunstelsel, soos MIV-lyers en TB-pasiënte, in.

Voorkomingsmaatreëls sluit in immunisering teen griep, die gereelde was van hande en om kontak met jou oë, neus en mond te vermy.

“Omdat ons in die griepseisoen is, sal daar na verwagting meer griepgevalle wees. Die siekte is ook selfbeperkend, wat beteken dit woed self uit.”

Met verwysing na hepatitis E het die minister gesê die eerste uitbreking is op 14 Desember verlede jaar in Windhoek verklaar.

Sedertdien is sporadiese gevalle oraloor die land aangeteken, met die mees onlangse gevalle in die Omusati- en Erongostreek.

Volgens Haufiku word die uitgebreide verspreiding van die siekte na ander dele van die land veroorsaak deur gevalle uit die episentrum (Havana- en Goreangab- informele nedersetting in Windhoek) wat na ander dele van die land reis en die besmetting na hoërisikobevolkings versprei.

Die grootste bydraende faktore tot die verspreiding van die siekte sluit volgens die minister swak sanitasie en higiëne in, sowel as inwoners wat in die veld ontlas.

Volgens Haufiku is die verniel en steel van waterpunte en toilette egter reusestruikelblokke wat die doeltreffende inperking van die siekte in die hoofstad kniehalter.

Die hoogste voorkoms van die siekte is steeds in die Khomasstreek met 1 695 gevalle wat tot dusver aangemeld is. Vyftien mense is in dié streek aan die siekte dood.

In Omusati is 85 gevalle aangeteken en het twee mense aan die siekte gesterf.

In die Erongostreek staan die syfer op 73, in Otjozondjupa op vyf, in Ohangwena op drie, in Oshana en Hardap onderskeidelik op twee elk en een geval in die Oshikoto- en ||Kharasstreek elk.

Vir die hele land is die totaal 1 867 gevalle en 17 sterftes.

Weerlose groepe vir hepatitis E sluit swanger vroue en inwoners met 'n verswakte immuunstelsel in.

Haufiku het inwoners gemaan om persoonlike higiëne toe te pas, drinkwater te kook en hul omgewing skoon te hou.

Hy het voorts 'n beroep op inwoners in geraakte gemeenskappe gedoen om hulle van die vandalisme van water- en toiletgeriewe te weerhou en diegene te rapporteer wat hulle daaraan skuldig maak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067