Net die beste oorleef Tekken 7 se spervuur
e-Sport
Die Namibiese Elektroniese Sportvereniging (Nesa) bied môre sy nasionale eindronde in die sokkerspeletjie FIFA19 asook die vegspeletjie Tekken 7 aan.
Die gesogte geleentheid word by die Bauern Stube-restaurant in die suidelike nywerheidsgebied in Windhoek aangebied waar die land se mees vernuftige spelers sal saamtrek.
Net vier PlayStation4-titels is beskikbaar waarvoor die deelnemers gaan wedywer om in die Namibiese e-sportspan opgeneem te word wat die land later vanjaar op die internasionale verhoog sal verteenwoordig. Die kompetisie begin om 10:00 en almal word vriendelik na die geleentheid genooi.
Nesa is die amptelike beheerliggaam vir videospeletjies (e-sport) in Namibië en is sedert 2010 by die Namibiese Sportkommissie geregistreer. Die beheerliggaam bied reeds vir 'n geruime tyd nasionale toernooie aan en nasionale kleure word sedert 2014 op verdienste toegeken.
Die nasionale kampioene het Namibië ook tevore by die Internasionale Elektroniese Sportfederasie (IESF) se wêreldkampioenskappe in 2017 en 2018 verteenwoordig.
Nesa hoop om sy bedrywighede vanjaar verder uit te brei sodat meer internasionale kompetisies en ontwikkelingsprogramme bekostig kan word waaruit Namibiërs voordeel kan trek.
Vir meer inligting kan Nesa se Facebookblad (Nesa.Namibia) besoek word of Flip kan by 081 141 5100 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie