Net 354 graad 10-druipelinge in Khomasskole akkommodeer
Die onderwysdirektoraat vir die Khomasstreek kon 345 leerlinge wat graad 10 moet herhaal, by skole uitplaas. Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa het verlede jaar gesê slegs leerlinge wat 17 jaar en jonger is, sal toegelaat word om graad 10 te herhaal met dien verstande skole het vir hulle plek.
Sowat 18 137 voltydse graad 10-kandidate het nie die pyp gerook nie. Volgens die adjunk-direkteur vir programme en kwaliteitversekering, mnr. Paulus Lewin, is dit onmoontlik om al die leerlinge weer op te neem, omdat skole eenvoudig nie die hulpbronne het nie en wat voldoende onderwysers insluit.
Sowat 450 voornemende graad 1 en 473 graad 8-leerlinge soek ook nog plek. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie