Net 26,7% water in damme oor
Die afgelope droogte het sy tol van die nasionale watervoorraad geëis.
Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.
Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar toe dit op 41,9% gestaan het.
Gobabis is steeds die streek waar die damme die leegste is.
Tans is dié damme gemiddeld 1,6% vol, met die Otjiverodam wat net sowat 2,8% water oorhet. Die Tilda Viljoendam hou tans 2,5% water en die Daan Viljoendam 1,4%.
Gesamentlik is net sowat 0,190 Mm³ water in Gobabis se drie damme oor, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar se 1,228 Mm³.
Damme in die sentrale dele van die land het gesamentlik 17,5% water oor, met die Von Bachdam wat tans 41,5% vol is. Die Swakoppoortdam is slegs 11,4% vol, terwyl die Omatakodam leeg is op 0%.
Dié drie damme wat vir onder meer Windhoek van water voorsien, het gesamentlik net sowat 26,975 Mm³ water oor, terwyl dit verlede jaar dieselfde tyd nog 48,686 Mm³ water oorgehad het.
Die Friedenau- en Goreangabdam is onderskeidelik 25,7% en 100,3% vol.
In die Suide staan die gemiddeld tans op 33,8% en hou die Nautedam tans die meeste water – dit is 86,7% vol en hou 72,489 Mm³ water.
Die Hardapdam, Namibië se grootste naas die bykans voltooide Neckartaldam, is tans 19% vol en bevat nog 56,113 Mm³ water.
NamWater het vroeër aan Republikein gesê watertoevoer vir besproeiing om die Hardapdam sal gestaak word wanneer die dam ‘n vlak van 4,5% bereik.
Toe is gesê dié vlak kan reeds teen Desember vanjaar bereik word.
Rehoboth se Oanobdam is 47,7% vol, met die Dreihukdam wat sowat 0,3% water hou.
Die Bondelsdam is heeltemal leeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie