Nege verdagtes weens wildmisdaad vasgetrek
Die omgewingsministerie se intelligensie- en ondersoekeenheid het sy jongste deurbrake bekend gemaak.
Ellanie Smit – Vyf wildmisdaadsake is onlangs aanhangig gemaak en nege verdagtes is in hegtenis geneem, met 28 onwettige wildprodukte waarop beslag gelê is. Dít volgens die jongste wildmisdaadverslag vir die periode 21 tot 27 Junie wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid en die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit se beskermde hulpbronne-afdeling uitgereik is.
Op 20 Junie is 'n Namibiër op Rundu in hegtenis geneem toe 'n ietermagovel in sy besit gevind is. Mnr. Jeremia Kandjunu is aangekla van die onwettige besit van beheerde wildprodukte. Die saak is nie die vorige week aangemeld nie, en is dus by hierdie verslag ingesluit.
By die Etosha Nasionale Park se King Nehale-hek is twee Namibiërs op 21 Junie in hegtenis geneem omdat hulle onwettig in die besit van 'n elandkarkas was. Mnre. Jacobus Fillipus en Tuhafeni Hayiyambo is albei aangekla van die onwettige jag van beskermde wild.
In 'n ander voorval by Omahenene is 'n Angolese burger en 'n Namibiër op 22 Junie in hegtenis geneem toe hulle met 22 ietermagovelle betrap is terwyl daar op 'n handwapen sowel as vyf rondes ammunisie beslag gelê is. Omahenene is 'n beheerpunt op die grens tussen Namibië en Angola.
Mnre. Fillipus Katjoto and Fillipus Findeinge is albei aangekla van die onwettige besit en verhandeling van beheerde wildprodukte en die invoer van beheerde wildprodukte in Namibië. Die Angolese burger is ook aangekla van die versuim om by 'n immigrasiekantoor aan te meld voordat hy Namibië binnegekom het.
OLIFANTTANDE
Intussen is nog 'n Namibiër op 24 Junie op Oshakati in hegtenis geneem nadat hy met drie olifanttande betrap is. Mnr. Faustinus Iiyagaya is van die onwettige besit en verhandeling van beheerde wildprodukte aangekla.
In 'n afsonderlike voorval is drie Namibiërs in besit van 'n gemsbokkarkas op 25 Junie op Dordabis in hegtenis geneem. Mnre. Adam Afrikaner, Bonsieky Hoebeb and Menphen Gariseb is almal aangekla van die onwettige jag van wild en onwettige jag met honde.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie