Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
26 January 2021 | Gesondheid
Nege nuwe Covid-19-verwante sterftes het die getal vir Namibië sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Maart verlede tot 328 opgestoot. Dit sluit vier in Windhoek en een elk in onderskeidelik Katima Mulilo, Swakopmund, Oshakati, Grootfontein en Keetmanshoop in.
Vandag is 307 nuwe gevalle aangemeld waarvan 55 in Windhoek 26 in Andara, 24 in Rundu, 18 in Outapi, 17 in Walvis Bay en 18 in Gobabis. Bevestigde gevalle in Kavango-Oos het die afgelope 24 uur verdubbel.
Nog 162 gevalle het herstel wat die totaal op 30 432 te staan bring. Dit sluit 104 in Khomas, 28 in Kunene, 24 in Kavango-Oos, drie in Oshana, twee in Otjozundjupa en een in Hardap in.
Die aktiewe gevalle staan tans op 2 191 waarvan 163 gehospitaliseer en 19 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. Die aantal gehospitaliseerde gevalle en die in ICU's het met onderskeidelik 13% en 30% afgeneem, hoewel die sterftesyfer styg. In Khomas is 65 gevalle in die hospitaal en 15 in ICU en in Erongo is 81 gevalle in die hospitaal en 1 in ICU.
Tot op hede is 258 139 weefselmonsters getoets, 5 705 aktiewe kontakte word gemonitor en 1 434 mense is in kwarantyn.

Soortgelyk
Metro spoils its customers
1 uur gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
9 ure gelede | Mense
Ses damme voller as 100%
9 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
9 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
9 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
9 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
9 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
9 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
9 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies