Nege sterf in ongelukke

Dit was weer 'n nagmerrienaweek op Namibië se paaie, met roekelose en nalatige bestuur wat hoogty gevier het.
Nege mense het die afgelope naweek op Namibië se paaie gesterf.
Vrydag omstreeks 22:20 het twee mans op die B1-hoofweg tussen Okahandja en Ojiwarongo gesterf nadat drie voertuie in 'n ongeluk was. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk 12 km suid van Otjiwarongo plaasgevind toe 'n sedanvoertuig glo twee ander voertuie verbygesteek en trompop teen 'n sportnutsvoertuig gebots het, wat weer met 'n ander klein sedanvoertuig gebots het.
Die bestuurders van die sedan- en sportnutsvoertuig, mnre. Haiyambo Haingura (21) en Dominikus Ndango Ndango (36), is op slag dood. Drie ander mense is beseer en na die Katutura-staatshospitaal vervoer.
Nóg 'n trompop-botsing tussen twee sedanvoertuie Saterdag omstreeks 18:30 het die lewe van 'n 53-jarige polisieman, mnr. Angustina Immanuel van Oshakati, geëis. Die ongeluk het by Okaku kaNangula op Omungwelume-pad plaasgevind. Ander passasiers het ernstige tot ligte beserings opgedoen.
Saterdag omstreeks 15:00 by die Iitapa-nedersetting op die grondpad tussen Okahao en Uutsathima het die bestuurder van 'n dubbelkajuitbakkie wat 'n bakkie gesleep het, glo beheer verloor en albei voertuie het omgeslaan. Die bestuurder van die bakkie, mnr. Amon Shaambeni Ndatyapo (29) van die Okadiva-nedersetting, is op slag dood. 'n Passasier van die dubbelkajuitbakkie is ernstig beseer en in die Oshakati-staatshospitaal opgeneem.
'n Passsier in 'n sedanvoertuig, mnr. Amutakula Kristof (32), is Saterdag omstreeks 15:00 op die pad tussen Omuthiya en Ondangwa naby die Iihwali-lokasie sowat 3 km van Ondangwa in 'n ongeluk oorlede.
"Dit word beweer dat die 30-jarige bestuurder van die sedanvoertuig probeer het om 'n trompop-botsing met 'n aankomende voertuig te vermy, toe hy beheer oor sy voertuig verloor het," sê die polisie. Drie ander passasiers (34, 28 en 27 jaar oud) is ernstig beseer en in die Onandjokwe-hospitaal opgeneem.
Mnr. Haitale Petrus Haufiku (70) van die Ohambungu-nedersetting is Vrydag omstreeks 20:00 op slag dood toe hy beheer oor sy bakkie verloor het. Die ongeluk het by die Ohamupulungushu-nedersetting op die grondpad tussen Uushake en Epembe in die Ohangwenastreek plaasgevind. 'n Passasier (46) is ernstig beseer en na die Okankolo-gesondheidsentrum geneem.
Vrydag omstreeks 23:20 is 'n bestuurder van 'n bakkie op die Brakwaterpad naby die hoofstad in 'n ongeluk dood nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het. Die slagoffer is die 30-jarige mnr. Benny Amuthenu. Sy 33-jarige passasier is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.
TWEE ONGELUKKE BY KALKFELD
By Kalkfeld het twee ongelukke Saterdag plaasgevind.
Die eerste ongeluk het om 10:00 sowat 40 km vanaf Otjiwarongo gebeur toe die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het. Die bestuurder, mnr. Christiaan Seibeb (55), 'n werknemer van Afrox op Otjiwarongo, is op slag dood.
Die tweede ongeluk het omstreeks 17:30 op die pad tussen Kalkfeld en Otjiwarongo gebeur toe die 32-jarige bestuurder beheer oor 'n sedanvoertuig verloor en dit omgeslaan het. ‘n Passasier, mnr. Absalom Simeone (33), is by die Kalkfeld-kliniek oorlede. Die bestuurder is ernstig beseer en in die Otjiwarongo-staatshospitaal opgeneem, terwyl die ander passasiers ernstig tot lig beseer is.
Volgens die polisie het die bestuurder glo sonder 'n lisensie met 'n onpadwaardige voertuig bestuur.
Die bestuurder van 'n sedanvoertuig is van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, bestuur sonder 'n lisensie en die bestuur van 'n onpadwaardige voertuig op Mariental aangekla. Dit spruit uit 'n ongeluk Saterdag tussen 17:00 en 18:00 sowat 32 km suid van Mariental toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan het.
Volgens die polisie was daar altesaam vyf insittendes in die voertuig en niemand is ernstig beseer nie. Die bestuurder is in hegtenis geneem.
Voorts is nog 'n bestuurder Saterdag sonder 'n geldige rybewys by die Siurungu-nedersetting naby Nkurenkuru in hegtenis geneem nadat hy met sy bakkie in 'n boom vasgery het. Die bestuurder en sy passasier is lig beseer.
MAN RY OOR BABA
Nog klagte van roekelose en nalatige bestuur is aanhangig gemaak nadat 'n 48-jarige man Vrydag glo per ongeluk met sy bakkie in trurat oor 'n babaseun van sewe maande gery het.
Die voorval het omstreeks 15:15 by die Iihongo-nedersetting naby Okatope in die Oshikotostreek plaasgevind. Volgens die polisie het die baba, Tulela Elias Kakolo, van die kombuis gekruip waar sy huishulpma gekook het, en onder die voertuig gaan sit. Die baba, van Angolese afkoms, is in die Onandjokwe-hospitaal opgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.24% | Zinc US$ 2 852.90/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP DOWN -0.0045 | Platinum US$ 908.34/OZ UP +0.69%